Rooi

Rooi het reeds vanjaar 12 trofeë verower en is ‘n verdere 15 keer genomineer.

Dit is ‘n hoogs vermaaklike, kleurvolle en opwindende modernisering van ‘n verskeidenheid sprokies, met drie vertellers wat nie altyd saamstem oor hoe die storie moet verloop nie.

Deur Gaerin Hauptfleisch.

Rooi en Die skyn van vernis is van 7 tot 9 November in die ouditorium van die Hoërskool Durbanville die voorgereg tot Pieter-Dirk Uys se Die Van Aardes van Grootoor. Rooi op 7 en 8 November en Die skyn van vernis op 9 November. Die Van Aardes van Grootoor se professionele geselskap, onder leiding van Albert Maritz, sluit in Anna-Mart van der Merwe, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Rooi en Die skyn van vernis word opgevoer deur die tienertoneelgroep van die Hoërskool Durbanville.

Kaartjies is R100 per volwassene, en R50 per skolier.
Die vertonings begin om 19h00.
Kaartjies is te koop by Neelie by 079 4415 219.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar