#Woordfees Die ongelooflike reis van Max en Lola

Die ongelooflike reis van Max en Lola
Roekeloos
11 Februarie

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig.

Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit ‘n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was ‘n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se talle vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou
het oudword hulle bekruip …

‘Die lewe het geen respek nie.’

‘n Donker komedie deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard.

Met: Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk
Produksiehuis: Pitch Promotions
Regie: Hugo Taljaard

Woordfees 2014

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar