Vallei van Sluiers terug in April

Die gewilde televisiereeks Vallei van Sluiers is in April weer te sien op kykNET.

Die derde seisoen van Vallei van Sluiers vertel die verhaal van die wel en wee van die De Bruyns, Van Rhijns en Roberts’e verder: Gaan Oom Boykie herstel na sy beroerte? Wil Emma regtig aangaan met haar ongelukkige lewe? Sal Jacques en Monique hulle huweliksprobleme kan uitsorteer? En wat van Beulah en Bertito?

Soos die vorige seisoene is die reeks deur Johan van Jaarsveld en Louis Pretorius geskryf. Elizabeth Archer is die regisseur.

Die De Bruyns: Nic de Jager, Stian Bam, Sophia Passerini, Nico Panagio

Die Van Rhijns: Marko van der Colff, Michele Burgers, Jana Fischer, Albert Maritz, Jaqcqui Pickering, Charl Timotheus

Die Roberts Familie: André Rossouw, Lida Botha, Tinarie van Wyk Loots

Die Willemse familie: Brendon Daniels en Crystal Donna-Roberts

En ‘n ou bekende om die Bolanders op hul tone te hou …

Ander akteurs wat in die derde seissoen van die Vallei van Sluiers te sien sal wees is o.a. Hannes van Wyk, Morne Visser, Geon Nel, Roelien Daneel, Sandi Schultz, Helene Truter en Vilje Maritz.

Lewer kommentaar

Leave a Reply