Boerpot 5

Die getroude lewe is ook maar wild. Mens kry niks meer tyd vir jouself nie. Alles wat ek doen is verkeerd in Jani se oë. As ek net ‘n bietjie geld spandeer op ander mense, dan kla sy. Wat die oog nie sien nie doen die hart nie skade nie. Sy slaap nou te heerlik en ek kan myself ook maar bietjie geniet. Ek verdien dit! In die motor vra ek Martin waar ons die res van die aand gaan deurbring sodat ek weet of ek moet geld trek. My liewe aarde, nogal by Teasers van alle plekke. Jani moet net nie hiervan uitvind nie. Ek het vir haar gesê ek gaan lank aan my nuwe storie skryf vanaand, so sy hoef nie oor my bekommerd te wees nie. Martin sê dat van haar vriendinne ook daar saam met ons sal verkeer. Ek hoop net hulle hou hulle monde oor alles. Hy meld ook dat hulle ‘n verrassing vir my het omdat ek nie ‘n bachelors gehad het nie. Dit is nou vanwee ons spoedige troue. By Teasers is almal vrolik en daar vloei baie drank. Ek hoop net nie my tjommies verwag van my om iets te drink nie. Hulle weet dis teen my Christelike beginsels.

Toe ons by die res aansluit is ek stom geslaan. Ek kan nie glo wat ek voor my oë sien nie. Dit is Jani. Hoe de duiwel kom sy daar. Nou is ek in groot kak. Sy moes my seker by die huis geagtervolg het. Sy lyk net so verbaas soos ek. Martin en Cindy verduidelik toe aan ons wat hulle aangevang het. Hulle het ons om die bos gelei. Sy het gedink ek skryf en ek het gedink sy slaap. Ons kan nou seker niks hieraan doen nie en moet maar die meeste van die aand maak. Ons vriende wou glo opmaak vir al die geld wat ons op hulle spandeer het. Alles is glo op hulle. Ek is darem nie so dom nie en weet mos dis onsin. Dit is die geld wat hulle by die Casino gewen het. Wat eintlik maar my geld is.

Toe die mooi poppe eers begin dans, toe weet ek dat die poppe gaan dans as ons eers terug by die huis is. Ek wou nog opstaan en uitloop toe een van daardie poppies my nader trek. Dit is te erg om dit in woorde uit te druk. Die goed wat sy aangevang het! Noudat ek daaraan dink, Jani kan nogal ‘n tip by hulle vat. Dit sal ons kamerlewe bietjie op-spice. Ek is bly die poppie is nou eers weg en ek kan rustig agteroor sit en my Coke drink. Jani bly op ‘n afstand. Ek kan my net indink dat sy weer lekker boos is. Hier gaan my geld alweer. Ek gaan weer vragte geskenke moet koop. Agnee nou raak dinge te erg. Hier is male dancers ook. Jani se oë rek. Sy word ook nader getrek deur een van hulle. Die goed wat hy demonstreer is so seksueel. Ek like dit niks. Ek staan op en skreeu kliphard dat hy sy vuil pote van haar moet afhou. Die musiek word sagter gesit. Mense gluur my aan. Toe begin almal te boo, boo. Die musiek hervat weer en ek kan sien dat my liefie dit ondraaglik vind in daai man se pote. Na die gedoente met al die dancers kom ek en Jani by mekaar. Sy lyk of sy wil huil. Ek weet mos dat sy nie gewoond is aan sulke dinge nie. Sy kom uit ‘n huis uit waar haar oupa ‘n predikant was. Al wat ek kan doen is om haar vas te druk en te troos. Sy het net begin bedaar toe bars Martin weer tussen ons in. Hy prop ons elk ‘n glas alkoholiese verversing in die hand. Waar ek ook aan my vriende gekom het sal die duiwel alleen weet. Ek en my liefie besluit om gou die drankie te verorber en dan die pad te vat. Martin vra nogal hoe ons by die huis sal uitkom. Hy het vergeet dat ek geld het.

Dit is die volgende oggend en ek en Jani klim met ‘n seer hart uit die bed uit om kerk toe te gaan. Ek sal werklik nie my oë kan oophou gedurende die diens nie. Ek belowe toe net daar en dan vir Jani ‘n vakansie op een of ander tropiese eiland as ons maar vanoggend se diens kan oorslaan. Sy stem vanoggend sommer maklik in. Na ‘n tydjie het ons beide ontwaak. Al wat ons kan doen is om oor die aand se voorval te lag. Sy sê dat sy dit nogal geniet het en aangesien ons nou heelwat geld het ons meermale ons lewens moet geniet. Ek sê toe vir haar dat sy nou regkom. Sy sê dat sy glad nie omgee as ons die geld op ons self spandeer nie. Ek moet net probeer om nie volgende keer die hele buurt by n kuier aksie in te sleep nie. Sy herhinner my nou weer oor my belofte vanoggend in die bed. Sy wil daardie vakansie hê. Ek besluit toe dat ons vanaand ons nuwe lewe saam moet vier. Ek sal ‘n groot party vir al ons ouers en familie reël. Beide ons ouers beteken baie vir ons, so baie. Rubin sal vandag moet rondsprong om alles perfek te maak.

Ek en Jani is sommer na die local Spar toe om gou ‘n ietsie vir ontbyt te koop. Dit lyk of daardie male dancer nuwe lewe in haar geblaas het. Ons stop skaars toe spring sy al uit ons spog motor om te gaan shop. Ek sit haar vinnig agterna. Binne in Spar koop ons allerhande lekkernye wat ons sommer vinnig kan verorber. Met ‘n hele paar sakke kom ons toe uit die winkel uit. Agnee nie dit ook nie! My….. Ons….. motor is weg. Seker gesteel. Ons was so haastig in die winkel in, en het vergeet om te sluit. Jani bars uit in trane. Ek troos haar en sê dat ek in die week ‘n nuwe een sal aanskaf.

1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | Slot

skrywer: Charl Viljoen

Charl Viljoen
Charl Viljoen

Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar