#Aardklop André P. Brink Op ‘n ligter noot

Sedert André P. Brink se dood in Januarie vanjaar is daar heelwat oor hom geskryf en hulde gebring uit talle oorde – in diepte en hoofsaaklik met die nodige erns wat dit vereis.

By Clover Aardklop volg hulle ’n ligter aanslag met Gert van Niekerk en Franci Swanepoel wat voorlesings uit van sy werk doen. Dit sluit in die aller- heerlike
“Die dag van die pampoen” uit Parys-Parys: Retoer en ander prettighede uit onder meer Oom Kootjie Emmer.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 60 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 7 Okt. – 16:00

Aardklop 2015

André P. Brink Op ‘n ligter noot,
Roekeloos,
22 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply