Kosblik is nie ‘n kookboek nie, maar ‘n versameling verhale deur sowel gevestigde as nuwe skrywers in Afrikaans. Van Marlene van Niekerk tot Wilna Adriaanse tot Irma Joubert. Dit bied ’n blik op een besondere resep, een buitengewone dis, een onvergeetlike maal.
Bydraers sluit in Marlene van Niekerk, Nanette van Rooyen, Joan Hambidge, Marié Heese, Christine Barkhuizen-Le Roux, Kerneels Breytenbach, Reinet Nagtegaal, Helena Gunter, en nog vele meer.
Kosblik is ‘n heerlike boek wat gemik is op sowel die leser van ernstige Afrikaanse literatuur as die liefhebber van stories oor kos en wyn, en dit sluit smulpape en gastronome in.
♦♦♦
Koop / Buy Kosblik (sagteband) >>

Kosblik / deur Nicole Jaekel Strauss — Queillerie, 20 Junie 2013 – 252p;. — sagteband. — ISBN 9780795800467
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Kosblik, Nicole Jaekel Strauss