Hierdie vreesaanjaende bundel bevat grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.
Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier.
Skrik op die lyf word 25 Augustus 2015 vrygestel.
Skrik op die lyf / Deborah Steinmair & Gerda Taljaard — Tafelberg, 25 Augutus 2015; 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780624074731
Skrik op die lyf,
Bettie Blom,
28 Mei 2015.
