Myosorex transvaalensis’n Donkerbruin skeerbekmuis met grys spikkels. Die sye is ligter en die pels word al ligter in die rigting van die pote wat amper wit is. Die hare op die rug is omtrent 2 mm lank.Die stert is bruin aan die bokant en ligbruin aan die onderkant. Die diertjie kom voor in die omgewing …
Kategorie Argiewe:Soogdiere
Pondoland se bos-skeerbekmuis
Myosorex varius pondoensisDie diertjie lyk nes die Bos-skeerbekmuis. Dit is net groter. Dit kom voor in Pondoland in die omgewing van Port St. Johns en in KwaZulu-Natal in die omgewing van die Midmar-dam. (Het iemand dalk ‘n foto van ’n Pondoland se bos-skeerbekmuis?)
Buidelmuise (wombats) druk ’n kubus
Buidelmuise (wombats) is die enigste diere ter wêreld met kubusvormige ontlasting.
Bos-skeerbekmuis
Myosorex varius variusDie bos-skeerbekmuis word aangetref in Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland. Die diertjie se habitat wissel van woudagtig, bosagtige areas, droë savanna en graslande.Hulle is normaalweg aktief in die nag en leef hoofsaaklik van insekte.
Die koei spring oor die …
Krimpvarkie / South African Hedgehog
Aethechinus frontalis frontalisKrimpvarkies word geken aan hulle sterk, skerp stekels op die rug wat beskerm bied teen roofdiere. As die diertjie aangeval word rol hulle op in ’n stewige stekelrige bal. Die penne word met behulp van die rugspiere opgelig wanneer die krimpvarkie oprol in ’n bal. Die gesig, bene en onderkant is bedek met …
Schwannse knopharige bos-klaasneus
Petrodromus schwanni’n Groterige klaasneus met donker hare op die kop en rug en gelerige sye. Opmerklik is die borselagtige hare onder die stert. (Het iemand dalk ‘n foto van ’n Schwannse knopharige bos-klaasneus?)
Beeste
’n Bees is ’n groot makgemaakte, gras-etende hoefdier. In algemene taalgebruik sluit beeste ook koeie, bulle, osse, verse en kalwers in.Beeste word gewoonlik as vee aangehou vir hulle vleis (bees- en kalfsvleis), as suiweldiere vir melk en ander suiwelprodukte, en as werkdiere vir die sleep van karre, ploeë en dies meer (gewoonlik word osse hiervoor …
Groot-klaasneus / Bos-klaasneus
Petrodromus tetradactylus tetradactylus’n Roeskleurige klaasneus met grys sye, ’n rooierige snoet en groot roesbruin ore. Die groot-klaasneus se onderkant is wit.(Het iemand dalk ‘n foto van ’n Bos-klaasneus?)
Kaapse kaalstert-klaasneus
Elephantulus capensis capensis’n Vaalgrys klaasneus met ’n effens borselagtige swart stert en ligbruin ore. Dié muis is effens wit aan die onderkant.Die Kaapse kaalstert-klaasneus kom voor van Namakwaland tot by Tulbagh.(Het iemand dalk ‘n foto van ’n Kaapse kaalstert-klaasneus?)
