Wenners van die kykNET Silwerskermfees

Die wenners van die kykNET Silwerskermfees is die naweek by ‘n glansgeleentheid in Kampsbaai bekendgemaak. Die komediante Anne Hirsch en Francois Toerien, wat die gashere vir die aand was, het die gehoor laat skaterlag met hul weergawe van ‘n Afrikaanse Oscars.


Karen Meiring, MNET: Direkteur van Afrikaanse kanale, het tydens haar toespraak kykNET se 15de verjaardagvieringe geloots met ‘n terugblik op die geskiedenis van kykNET.

Die toekennings is hierdie jaar in twee afdelings verdeel. In die eerste afdeling kom die volledige aanbod van Afrikaanse filmvrystellings vanaf 1 September 2013 – 31 Augustus 2014 in aanmerking vir die Jaarlikse Nasionale Silwerskermtoekennings. In die tweede afdeling is die films wat by die fees geloots is, asook die kortfilm kategorieë. Die kortfilms word gedurende die fees deur ‘n paneel beoordeel terwyl die feesgangers vir die beste feesfilms gestem het. Die nominasies is op Saterdag 30 Augustus 2014 bekendgemaak en sluit kategorieë in vir Beste kortfilm, Beste Feesfilm asook Kykerskeuses.

Die wenners is:

KORTFILMS
BESTE KORTFILM

VUIL WASGOED

KORTFILM REGISSEUR
TRAVIS TAUTE & NOSIPHO DUMISA – NOMMER 37

KORTFILM AKTEUR
STIAN BAM: TRIPPIE

KORTFILM AKTRISE
NICOLA HANEKOM: TRIPPIE

KORTFILM TEKS
DARYNE JOSHUA: NOMMER 37

SPESIALE BENOEMING: NUWE IKOON
ALBERT PRETORIUS
SPEELFILMS

BESTE FILM
DIE WINDPOMP

REGISSEUR
ETIENNE FOURIE: DIE WINDPOMP

VROULIKE BYSPELER
MARGA VAN ROOY: DIE WINDPOMP

MANLIKE BYSPELER
MARIUS WEYERS: PAD NA JOU HART

AKTEUR
LOUW VENTER: KONFETTI

AKTRISE
ANNA-MART VAN DER MERWE
STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX

OORSPRONKLIKE MUSIEK
JOHNNY DE RIDDER: DIE WINDPOMP

TEKS
ETIENNE FOURIE: DIE WINDPOMP

REDIGERING
DWAINE FARIA CARRAO (PAD NA JOU HART)

BESTE FILM NIE IN AFRIKAANS
FORGOTTEN KINGDOM

SPEELFILMS BY FEES

KENNER KEUSE
HOLLYWOOD IN MY HUIS

GEHOOR-GUNSTELING
HOLLYWOOD IN MY HUIS

GEHOOR-GUNSTELING AKTRISE
CHRISTIA VISSER (HOLLYWOOD IN MY HUIS)

GEHOOR-GUNSTELING AKTEUR
DEANDRE REINERS (SEUN)

Silwerskermfees toekennings

Lewer kommentaar

Leave a Reply