Picturesque Confrontations: A Selection from the Sanlam Art Collection

Picturesque Confrontations: A Selection from the Sanlam Art Collection
Roekeloos
9 Julie

Die Sanlam Kunsgalery was nog altyd een van daai plekke in Bellville wat mens moet besoek.

Dis eenvoudig, groot maatskappye kan van die beste kuns bekostig. Picturesque Confrontations is ’n voorbeeld hiervan.

Picturesque Confrontations is ’n versameling van belangrike Suid-Afrikaanse werke van die afgelope eeu. Hier kan ons byvoorbeeld sien hoe ’n landskapskildery nou eintlik moet lyk en hoe dit verskil van die “mooi” prentjies wat elke amateur aan Jan Publiek afsmeer. Die uitstalling het onder andere Thomas Baines, ‘n gevestigde kunstenaar en ontdekkingsreisiger in Suid-Afrika in die middel van die 19de eeu wat die landskap se baas was.

Die eerste helfte van die 20ste eeu was daar ‘n politieke sowel as estetiese omwentelings in Europa wat, alhoewel baie stadig, tog begin het om die Suid-Afrikaanse kunstoneel te infiltreer. Skilderye deur Hugo Naudé, Maggie Laubser, JH Pierneef, Francois Krige en Alfred Krens is tekenend van hierdie radikale verskuiwing in benadering, wat aanvanklik deur die algemene publiek verwerp is.

Met tyd het kuns in Suid-Afrika nie meer slegs die rol van die estetiese vervul nie, maar het ’n medium vir konfrontasie geword. Konfrontasies met die geskiedenis, konflik, die broosheid van die liggaam en sosiale identiteit was ‘n paar van die onderwerpe verwerk deur kunstenaars tot estetiese voorwerpe. Die werk van kunstenaars soos William Kentridge, Wim Botha, Conrad Botes en Gavin Younge in dié uitstalling is voorbeelde hiervan.

Picturesque Confrontations is meer as ’n uitstalling, dis ’n unieke geleentheid om in een vertrek te wees met van ons land se beste kuns. Jy het nog tot 18 Julie kan om die uitstalling te sien by die Sanlam Kunsgalery by Sanlam se hoofkantoor in Strandstraat / Voortrekkerweg, Bellville.

Hardekoolbome - JH Pierneef
Hardekoolbome – JH Pierneef
Ons land - Stanley Pinker
Ons land – Stanley Pinker
Forces Favourites - Gavin Younge
Forces Favourites – Gavin Younge
Everything iBeautiful - Conrad Botes
Everything iBeautiful – Conrad Botes

4.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar