Volgens Dawn Lindberg, uitvoerende hoof van die Naledi-toekennings, was die afgelope jaar een van die hoogste standaard nog in die uitvoerende kunste.
Die Naledi-toekennings word vanjaar gemaak in ’n allemintige 26 kategorieë, plus vier ekstra spesiale kategorieë. Nataniël gaan beslis sleg voel as hy nie iets wen nie. Hy is genomineer in 11.
Hier is ’n paar benoemings wat die oog getref het:
Carel Nel is as beste manlike byspeler in People Are Living There. In dieselfde kategorie is Phillip M Dikotla, Phillip Tipo Tindisa en Shaun Elf benoem vir Fishers of Hope.
Mis, geskryf deur Reza de Wet en vervaardig en onder regie van André Stolz is benoem vir beste produksie vir jong gehore.
Francois Jacobs is benoem as beste nuweling in People Are Living There.
Melissa van Eck is benoem vir haar kostuumontwerp vir Aspoestertjie.
Patrick Curtis is benoem vir sy beligting van Fishers of Hope.
Nataniël duik onder andere op in beste stelontwerp vir After Animals, saam met Patrick Curtis vir Fishers of Hope.
Vir klankontwerp is daar Ken Crossley & Larry Pullen vir Aspoestertjie, Pullen is ook daar vir After Animals. Paul Riekert se naam is op die lys vir Noise.
Nataniël is weer daar vir After Animals vir beste klankbaan, so ook Jonathan Roxmouth en Bryan Schimmel vir I’m Playing Your Song. Nog nominasies in die kategorie is Nceba Gongxeka vir Fishers of Hope en Steve Dyer vir Colour Me Human.
In beste regisseur van ’n musiekblyspel sien ons vir Machiel Roets raak vir Aspoestertjie, Nataniël vir After Animals en Steve Dyer vir Colour Me Human.
Vir beste “cutting edge” produksie is daar Johnny Boskak is Feeling Funny, Kafka’s Ape, Undone/Ont- en We Didn’t Come to Hell for the Croissants.
Vir beste ensemble wil mens noem Colour Me Human en The Snow Goose.
Ian en Viv von Memerty is in beste choreografie benoem vir Fantastic 50.
Marthinus Basson is benoem vir beste regisseur vir ’n toneelstuk vir As die broek pas. So ook James Cunningham vir Doubt en Jenine Collocott vir The Snow Goose.
Cobus Venter, Tiaan Rautenbach en Soli Philander is almal benoem vir hul spel in Aspoestertjie vir beste ondersteunende rol in ’n musiekblyspel.
Kate Normington, vir Sister Act en Marlee van der Merwe, vir Aspoestertjie, het die lys gehaal vir beste vroulike hoofrol in ’n musiekblyspel.
Vir die mans was dit Alan Committie, Little Shop of Horrors, Jonathan Roxmouth, Sweeney Todd en I’m Playing Your Song, Nataniël, After Animals en Tobie Cronjé vir Sleeping Beauty.
Beste vroulike hoofrol in ’n toneelstuk is groot kompetisie tussen Anna-Mart van der Merwe, People Are Living There, Antoinette Kellermann, As die broek pas, Fiona Ramsay, vir Miss Dietrich Regrets en Doubt en Sylvaine Strike vir Black and Blue.
Al man op ons lys is Wessel Pretorius vir Undone/Ont-.
Ook die beste nuwe Suid-Afrikaanse teks noem ons net een, Lara Foot vir Fishers of Hope.
Beste toneelstuk: Doubt, Fishers of Hope en The Snow Goose.
Beste musiekblyspel: After Animals en Aspoestertjie.