Janneman in die Diereryk – ‘n Musiekblyspel vir Kinders

Kom stap vir ‘n dag saam in die skoene van ‘n wille klein kalant soos hy dinge en diere in die oerwoud ontdek.

Maak vriende met Oupa, die Uil, wat iewers in die donkerte skuil en leer wat hy die graagste eet. Gaan saam na Koning Leeu se verjaarsdagpartytjie by die grootste boom langs die waterstroom waar die koning woon. Ontmoet vir Skilpad in die hangmat nadat hy Hans Haas kafgedraf het. Kom sing vir al die geveerdes, ja kom leer die maklike liedjies en sing saam vir al die voëltjies. Gaan slaap saam met Janneman onder die sterre en luister na die diertjies van die nag.

Janneman in die Diereryk – Die verhoogproduksie met Lochner de Kock, Riku Lätti en Cindy Swanepoel.

Na ‘n suksesvolle reeks vertonings by KKNK en die Kierieklapperfees in Mokopane is Janneman reg om die hele land plat te toer, sy skoene deur te trap op soek na oortjies wat lus is vir mooi liedjies en snaakse stories. Die span roep die dierekarakters tot lewe op die verhoog en die jong kykers word speel-speel met opvoedkundige musiek en stories vermaak.

Die Janneman in die Diereryk CD spog met ‘n reeks skatlike bydraes van sterre soos: Dorette Potgieter as die verteller en sangeres op verskeie snitte; Neil Sandilands wat die storie van Skillie die skilpad vertel met ‘n sangsolo ala Sinatra; Albert Frost wat blueskitaar speel op verskeie liedjies en ook die rol van die bobbejaan vertolk; Bacchus Nel wat al singend die rol van Manie die blinde mol vertolk; Morné Visser as Louis die luislang; Arnaud van Vliet as Janneman; Fried Wilsenach as Siegfried skilpad Jahn Beukes en Lani Pieters doen die orkestrasievan die liedjies met Lani wat ook verskeie van die liedjies self sing.

Alhoewel die temas op kinderlike wyse aangebied word, is Janneman in die Diereryk eintlik vir almal wat gehalte musiek en slim lirieke waardeer. Kom geniet die vertoning van Janneman in die Diereryk en vat gerus die CD huis toe om verder tuis te reis.

Janneman in die Diereryk
Janneman in die Diereryk

Janneman in die Diereryk is 19 Desember by die Ou Meulteater in die Paarl.

Bespreek by Vicky by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply