Kerskous vol dans van Kaapse Stadsballet

Met die Kerstyd om die draai is dit tyd om Kerskouse te begin volmaak. Hierdie jaar bied die Kaapse Stadsballet drie pragtige ballette, vanaf 11 Desember 2013 – 11 Januarie 2014 aan, wat perfek is vir vakansievermaak tydens die feestyd.


Die seisoen open met Robin van Wyk se splinternuwe ballet, The Tin Soldier. Hierdie betowerende feeverhaal sal in jonk en oud se smaak val. Die liefdesverhaal vol avontuur, fantasie en humor word vanaf 11 – 24 Desember opgevoer en is gebasseer op die bekende sprokie van Hans Christian Andersen.

In Belles & Beaux sal die Kaapse Stadsballet hul vakmanskap vertoon in ‘n verskeidenheid van werke van moderne tot klassieke ballette. Die geselskap sal die gehoor boei met hul flair vir vertolking en tegniek in uiteenlopende style en fokus op van die mooiste vroulike en manlike rolle in die balletrepertoire. Vanaf 18 – 22 Desember.

Night & Day is ‘n pittige en vuurwarm ode aan die legendariese Cole Porter, wat steeds beskou word as een van die beste liedjieskrywers van alle tye. Met uitspattige kostuums, verleidende ritmes en onvergeetlike wysies, sal die dansers die gehoor bederf met ‘n aand van vermaak uit die boonste rakke. ‘n Spesiale vertoning is vir 31 Desember om 21h00 geskeduleer. Die produksie is word vanaf 31 Desember tot 11 Januarie aangebied.

Besprekings by Computicket of Kunstekaap-bel-‘n-sitplek by 021 421 7695. Spesial afslagpakette beskikbaar vir groepe van 10 of kombinasie-kaartjies vir meer as een vertoning van die Kaapse Stadsballet.

Kaapse Stadsballet dansers
Kaapse Stadsballet dansers

Kaapse Stadsballet se Kersseisoen 2013-14 by Kunstekaap
The Tin Soldier : 11 – 24 Desember 2013, Kunstekaap Operahuis
Belles and Beaux: 18 – 22 Desember 2013, Kunstekaap Operahuis
Night & Day : 31 Desember 2013 – 11 Januarie 2014, Kunstekaap Teater

The Tin Soldier : 11 – 24 Des 2013
Kaartjies R 125 – R 225
By Kunstekaap Operahuis
Woe 11 Des @ 19h30 met KSO*
Vry 13 Des @ 11h00 met klankbaan
Vry 13 Des @ 19h30 met KSO
Sat 14 Des @ 14h00 met KSO
Sat 14 Des @ 19h30 met KSO
Son 15 Des @ 15h00 met KSO
Maan 23 Des @ 19h30 met KSO
Di 24 Des @ 14h00 met klankbaan
*KSO = Kaapse Filharmoniese Orkes

Belles & Beaux : 18 – 22 Des 2013
Kaartjies R 125 – R 220
By Kunstekaap Operahuis
Woe 18 Des @ 19h30
Vr 20 Des @ 15h00
Vr 20 Des @ 19h30
Sat 21 Des @ 14h00
Sat 21 Des @ 19h30
Son 22 Des @ 15h00
Alle opvoerings met klankbaan

Night & Day : 31 Desember 2013 – 11 Januarie2014
Kaartjies 31 Des teen R 250
Kaartjies ander vertonings R 150-175
By Kunstekaap Teater
Di 31 Des @ 21h00
Vr 3 Jan @ 19h30
Sat 4 Jan @ 14h00
Sat 4 Jan @ 19h30
Son 5 Jan @ 15h00
Woe 8 Jan @ 19h30
Sat 11 Jan @ 14h00
Sat 11 Jan @ 19h30
Alle vertonings met klankbaan en musikant

foto: Pat Bromilow

Lewer kommentaar

Leave a Reply