Nobody’s Died Laughing


A Journey with Pieter-Dirk Uys

kykNET Films en Vry Films in samewerking met Lion’s Head Productions en Who Projects kondig met trots aan dat die dokumentêre film Nobody’s Died Laughing, deel maak van die Durban Internasionale Film Fees. Die dokumentêr handel oor die lewe en werk van die kunstenaar en aktivis Pieter-Dirk Uys.

In Nobody’s Died Laughing probeer ‘n filmspan tred hou met een van Suid-Afrika se besigste kunstenaars op ’n reis deur Kaapstad, Johannesburg, Grahamstad, Stellenbosch, Londen, Berlyn en sy huis in Darling. Die film fokus op die man agter die wêreldbekende karakters, sy humanitêre werksaamhede en die internasionale impak van sy werk.

Nobody’s Died Laughing ondersoek een man se lewenslange toewyding tot sy land en die gebruik van satire om ’n daadwerlike verskil te maak,” verduidelik filmmaker Willem Oelofsen. “Ek het in 2014 begin met navorsing oor Pieter-Dirk Uys waarna ek tyd saam met hom in sy persoonlike argiewe in Darling deurgebring het. Dit was vir my fassinered dat hy stééds teen dieselfde tempo en met dieselfde oortuiging werk as waarmee hy 50 jaar gelede begin het. In 2015 het ons kameraspan hom begin volg: van optredes in Berlyn tot die Kaapse Vlakte, en om te kyk hoe hy ’n vertrek vol tieners leer oor veilige seks. Ek glo gehore sal net so geïnteresserd wees om meer te leer oor die man wat weier om gesensor te word, en die kunste as sy wapen teen diskriminasie en onverdraagsaamheid gebruik.”

Die film bevat ook onderhoude met Desmond Tutu, Charlize Theron, Anna-Mart van der Merwe, FW De Klerk, Janet Suzman, Thoko Ntshinga, David Kramer, Zolani Mahola, Vincent Ebrahim, Professor David Gere, Eric Abraham, Sophia Loren, Jonathan Shapiro en nog vele meer asook beeldmateriaal van Tessa Uys en Nelson Mandela.

Pieter-Dirk Uys
Pieter-Dirk Uys

Die film sal open by die Durban Internasionale Film Fees op 17 Junie 2016 en sal dan vanaf 29 Julie landswyd vertoon word in Ster-Kinekor teaters.

Volg die gesprek op:
Twitter: https://twitter.com/whoEntProjects
Facebook: https://www.facebook.com/NobodysDiedLaughing/

Nobody’s Died Laughing
A Journey with Pieter-Dirk Uys
Regisseur: Willem Oelofsen
Redigeerder: Geoffrey Butler
Musiek deur: Josh Wynter

(foto: Robert Hamblin)

Spesiale opname en liedjie deur Jack Parow “Rebel till he’s dead” beskikbaar op Itunes:
http://apple.co/1U436M5

Lewer kommentaar

Leave a Reply