In 1988 stik die Afrikaanse establishment in hulle koffie oor die opspraakwekkende kabaret Piekniek by Dingaan, ’n seminale protesstuk wat die Afrikaanse kunstelandskap ingrypend verander het.

Heilige koeie is geslag; bloed het gevloei.

Alternatiewe Afrikaanse musiek kry vlerke met die Voëlvry-beweging, terwyl die musikante landwyd op kampusse verbied is. Verwoerd se kleinkinders wys ’n dik, vet middelvinger vir die safaripak-en-grysskoen-brigade en die tannies met die gedoende hare – dit is die naaste wat wit Suid-Afrika nog aan sex, drugs and rock ’n roll gekom het.

Vandag is Suid-Afrika ’n ander land. Of is dit? Bloed vloei steeds. Heilige koeie wei dikgevreet en onverstoord in die groen-groen land van KwaZulu-Natal.

Kom luister na die nuwe generasie se protes terwyl dit klippe reën op ons kampusse en in die strate.

Met: Nicole Holm, Dean Balie, Ludwig Binge, Ilana Cilliers, Karli Heine, Marlo Minnaar en Pierre Theron

Regisseur: Wolf Britz

Teks: Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis
Musiek: Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis
Beligting: Wolf Britz

Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: Rhenish Girls’ High School, Stellenbosch
Datum: 11 Maart 17:30 en 20:30

Woordfees 2017


Piekniek by Mpande née Dingaan

Piekniek by Mpande née Dingaan


3.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply