Huilboek is Ryk Hattingh se eerste boek in negentien jaar.
Outeur Argiewe:Bettie Blom
Drieklawerblaar
Drieklawerblaar is ’n meesleurende roman oor familie, oor grond, en die ystergreep wat die verlede op ’n mens kan hê.
Die singende hand
Die singende hand: Versamelde gedigte 1984 – 2014 is Breyten Breytenbach se derde versamelbundel.
Bloedlyn
Die privaat ondersoeker Renata Malan worstel steeds met die feit dat haar oupa en pa moordenaars is.
Joernaal vir ‘n bedonnerde diva
Joernaal vir ’n bedonnerde diva is vir alle divas wat weet dis nie maklik om te leef nie, wat verstaan dat die lewe soms ’n triomf en soms onhoudbaar is, wat weet dat geluk en leed soms ewe veel kos, en veral weet dat praat bloot asem is wat in die atmosfeer verdwyn.
Die fout by ons sterre
Die oorspronklike Engelse roman – The Fault in Our Stars – is ’n internasionale blitsverkoper waarvan ook ’n baie suksesvolle rolprent gemaak is. Die bekende skrywer en kunstenaar, Tinus Horn, het die boek op ’n sensitiewe manier in Afrikaans vertaal as Die fout by ons sterre.
die na-dood
In sy jongste bundel kom ons weer onder die indruk van Breytenbach se skerpsinnige én aangrypende digterstem.
Amatola
In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind.
Koors
In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag.
Sirkel van Wraak
Sirkel van wraak se premis is: Wat het van Tamara geword?
