In Graz, Oostenryk, is daar tans ´n retrospektiewe uitstalling van Rudi Gernreich, die ou wat in 1964 die eerste monokini ontwerp het, en sodoende gehelp het om die bostuklose mode te inisieer. Soos almal weet, het dit nooit in SA posgevat nie. Die ooglopende verklaring (post-94) is natuurlik dat Suid-Afrikaanse vrouens gewoon te preuts is …
Kategorie Argiewe:Aardig
Tradisie nou wettig
Tradisionele troues ontvang nou die nodige respek wat dit toekom. Sedert verlede week is tradisionele troues uiteindelik wettig in Suid-Afrika. Die nuwe wetgewing omskryf ´n tradisionele troue as onderhandel, gevier en voltrek binne die sisteem van ´n inheemse Afrikakultuur. Dit sal ook help om die status te verhoog van vrouens en kinders binne hierdie kulture. …
Binneland verongeluk
Vyf personeellede van die departement van binnelandse sake in Suid-Afrika is dood en 33 beseer in ´n totaal van 196 ongelukke met amptelike motors sedert 1998.
Dit mors in Mpumalanga
Die hoof uitvoerende amptenaar van die Hoëveld Distriksraad in Mpumalanga, Charles Makola, het multi-miljoen rand tenders toegestaan aan familie en vriende. Diegene wat die korrupsie op die lappe wou bring is deur Makola gedreig. Boonop was hy oneerlik in sy pogings om sy posisie te bekom. Dit blyk dat die bedrog grootliks polities gemotiveer is. …
Plakkaat petalje
Die hoof van die ANC se kommunikasie-afdeling Cameron Dugmore sê sy party was nie verantwoordelik vir ´n reeks plakkate in die Wes-Kaap wat lees “A vote for the DA is a vote for Israel” nie.
Oneerlike onnies
Volgens die departement van onderwys in Suid-Afrika is meer as 70 onderwysers reeds skuldig bevind aan oortredings soos moord, verkragting en diefstal.
Ruiters
´n Sekere Suid-Afrikaanse minister het glo berigte van Ruiters (lees Reuters) afgemaak as snert, want, in die woorde van die minister, “wat verwag jy anders van ´n Afrikaanse mediagroep”.
Koes
Wetenskaplikes het ´n asteroïed opgespoor wat ´n 1 uit 500 kans het om die aarde te tref in 2030 – dit is die beste kans vir ´n botsing wat al ooit ontdek is.
Muluzi is die ou
Malawi se president, Bakili Muluzi, het beveel dat die vloot van nuwe Mercedes Benz limousines van die land se ministers verkoop moet word en dat die geld aangewend moet word om armoede te verlig.
Seks met diere
´n Agtienjarige jong man van Richmond is laas week in hegtenis geneem nadat, soos ons verneem, hy seks met ´n kat gehad het.
