Vanjaar kon die Naledi-toekennings bekend gestaan het as die Mies Julie-aand. Die Naledi-toekennings bekroon die beste professionele hoofstroom-produksies wat in Gauteng opgevoer is. Die Gauteng-weergawe van die Fleur du Cap-toekennings. Mies Julie het ook verskeie toekennings ingepalm by die 2013 Fleurs. By die Naledi-toekennings het Mies Julie die pryse gewen vir beste regisseur, manlike hoofrol en beste toneelstuk.
Die wenners in die onderskeie kategorieë was:
Beste Toneelstuk/Best Production of a Play: Mies Julie – Yael Farber
Beste Produksie van ‘n Musiekblyspel/Best Production of a Musical/The Joan Brickhill Award: Jersey Boys
Beste Nuwe Suid-Afrikaanse Teks/Best New South African Script: Hayani, deur Atandwa Kani en Nat Ramabulana
Beste Produksie Snykant/Best Production Cutting Edge (experimental/mime/alternative): Balbesit
Beste Kinderteater/ Best Production for Young Audience: Secret Garden
Beste Gemeenskapsteater Ishashalazi Toekenning/Best Community Theatre Ishashalazi Award: Nomzamo
Beste Regisseur van ‘n Drama of Blyspel/Best director of a Play or Musical: Yael Farber vir Mies Julie
Beste Vertolking deur ‘n Aktrise in ‘n Hoofrol/Best Performance by an Actress in a Lead Role: Vinette Ebrahim in My Naam/Name is Ellen Pakkies
Beste Vertolking deur ‘n Akteur in ‘n Hoofrol/Best Performance by an Actor in a Lead Role: Bongile Mantsai in Mies Julie
Beste Vertolking deur ‘n Aktrise in ‘n Ondersteunende rol/Best Performance by an Actress in a Supporting Role: Nondumiso Tembe in Race
Beste Vertolking deur ‘n Akteur in ‘n Ondersteunende rol/Best Performance by an Actor in a Supporting Role: Desmond Dube in Nongogo
Beste Vertolking in ‘n Musiekblyspel (vroulik)/Best Performance in a Musical (Female): Bianca le Grange in Blood Brothers
Beste Musiekregisseur/Best Musical Director: Bryan Schimmel en Rowan Bakker vir Jersey Boys
Beste Vertolking deur ‘n nuweling / deurbraak (manlik) Brett Goldin Toekenning/Best Performance by a Newcomer/Breakthrough (Male) Brett Goldin Award: Khayalethu Anthony in Solomon and Marion
Sophie Mgcina Nuwe Stem Toekenning/Sophie Mgcina Best New Emerging Voice Award: Lulu Mlangeni
Beste Kostuumontwerp: Penny Simpson vir Sunset Boulevard
Beste Teater Stelontwerp/Best Theatre Set Design: Denis Hutchinson vir Sunset Boulevard
Beste Teater Beligtingsontwerp/Best Theatre Lighting Design: Denis Hutchinson vir Sunset Boulevard
Beste Teater Klankontwerp/Best Theatre Sound Design: Alistaire Izobell en David Kramer vir Blood Brothers