Opnames voor ‘n gehoor vir RSG se eerste Kunstefees!
Aan stille waters van CJ Langenhoven
en
Elders aan diens van Jeanne Goosen
14 & 15 November
Tyd: 19h00
Toegang: R50
Besprekings: 021 883 8164 of klt@klteater.co.za
Aan stille waters van CJ Langenhoven
met Jannie Hofmeyr (as Neelsie) en Susanne Beyers (as Vroutjie)
Samestelling: Juanita Swanepoel
‘n Program, spesiaal vir RSG saamgestel uit die rubrieke en essays van C.J. Langenhoven soos destyds verskyn in Die Burger vanaf 1921-1932.
30 minute pouse
Elders aan diens van Jeanne Goosen
met Nicole Holm, Luna Paige en Frieda van den Heever
Verwerking: Albert Maritz
Hierdie verwerking van Jeanne Goosen se digbundel, Elders aan diens, vir die verhoog is gemaklik die teater-eweknie van ons land se beste skouspele. Die reaksies van gehore en resensente is bewys hiervan. Nou sal die skouspele-gehore ook die geleentheid kry om die teatersterre in aksie te hoor! En Jeanne Goosen …