The Unauthorised History of South Africa

The Unauthorised History of South Africa, natuurlik nagevors en geskryf deur twee ‘gerespekteerde’ geskiedkundiges, Dr Stienie Dikderm en Prof Herodotus Hlope, is ‘n skreeusnaakse blik op ons kollektiewe verlede.
Die boek onthul pragtige nuwe ontdekkings en fassinerende nuwe karakters, soos Koos van Doosch, die kaas-pimp wat eintlik ‘n jaar voor Van Riebeeck die Kaap gevestig het. Shaka se minder bekende broer, Nigel Zulu, wat net ‘n bloemiste wou wees. Jy sal ook ontdek hoe dit gebeur het dat die wenner van die Mielie Raad se skoonheidskompetisie Suid-Afrika regeer het.

Natuurlik vier dit ook ons grootste oorwinnings, soos toe Matt Damon en Morgan Freeman die Rugby Wêreldbeker in 1995 verower het … of so iets.

The Unauthorised History of South Africa dek alles, van ‘n klein vet vergulde renoster in Mapungubwe. tot klein vet vergulde politici in Mangaung.

♦♦♦

The Unauthorised History of South Africa
The Unauthorised History of South Africa

The Unauthorised History of South Africa / deur Stienie Dikderm & Herodotus Hlope — Zebra Press, November 2013 – sagteband. — ISBN 9781770225947

Taal: English
Sleutelwoorde: The Unauthorised History of South Africa, Stienie Dikderm, Herodotus Hlope

 

 

Lewer kommentaar

Leave a Reply