Hul moeder sterf aan kanker. Nou gaan die twee susters die moeder, op haar versoek, tot die einde versorg in die ou huis op die dorp(ie) Vergenoeg.
Kategorie Argiewe:Boeke
Die spree met foete
´n Versameling Afrikaans-verwerkte verse uit die Nederlandse skrywer van kabaret, kinderverse en stories, Annie M.G. Scmidt, se bundel: Ziezo. Annie M.G. Scmidt se werk het haar die titel: Die Koningin van Nederland besorg. Philip de Vos se voorliefde en talent vir die skryf van nonsensverse is hoofsaaklik deur haar werk geïnspireer wat gewoonlik vol humor …
Ensiklopedie vir seks
Kry jou sekslewe weer op dreef met ´n ensiklopedie oor seks van Anne Hooper. Dit is vol idees, tegnieke en goeie raad en sal ´n permanente plek op jou bedkassie kry. n Hele album se foto’s help jou om nuwe tegnieke te bemeester. Leer hoe mans en vrouens na seks kyk en hoe om die …
Pynbos Siding
Dis ´n reis met ´n verskil. Ten spyte van die feit dat sy al die verkeerde roetes neem, om van die voertuie nie te praat nie, kom skrywer Linette Retief in Pynbos Siding uiteindelik tog by die “regte” bestemming(s) uit.
Pastoor Scholls trek sy toga uit en ander stories
Vir dié wat soek na lekker ligte leesvermaak wat tog ook pitkos bevat oor ´n unieke deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is Karel Benjamin se versameling van 20 stories uit die Wes-Kaap dalk net die ding.
Wegkomkans
Sy het ons lank laat wag vir dié roman, maar daar is min twyfel dat die wag die moeite werd was en dat ´n blitsverkoper soos min gaan wees.
Byna liefde
Byna liefde, kortverhale op die snykant van die liefde, dit is Izak de Vries se jongste bundel.
Emosionele intelligensie vir kinders en tieners: ‘n Praktiese gids vir ouers en onderwysers
‘n Praktiese gids deur Suid-Afrika se voorste kenners op die gebied van Emosionele Intelligensie, saamgestel in reaksie op die stordvloed versoeke van ouers, beraders en onderwysers.
21
In 1956 is die loop van die Afrikaanse letterkunde verlê deur ´n smal bundeltjie: Jan Rabie se 21, ´n prosawerk wat vir die taal ´n waterskeiding was en sy rimpelinge dekades lank deur die Afrikaanse kultuur bly stuur het. Dit is gebou op ´n verstommende ironie: dat Rabie se werk oorspronklik in Engels geskryf en …
Fees van die Ongenooides
Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor ‘n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister.
