Tritonia crocataDie rooikalossie word in die Suid-Kaap aangetref. Dit is ’n knolplant wat tot 250 mm hoog word, met oranjerooi blomme wat in die lente verskyn.Die rooikalossie hou van sanderige grond en baie water in die groeiseisoen.(foto: Stan Sheb)
Kategorie Argiewe:Plante
Ghaap
Trichocaulon grandeDie ghaap is ’n meerjarige sukkulent wat in Laingsburg voorkom. Dit raak tot 600 mm hoog met knuppelvormige stingels en knoppies.Die blomme is groengeel en verskyn laat in die lente.
Ghaap
Trichocaulon cactiformeDie ghaap is ’n meerjarige sukkulent wat in Namakwaland en Namibië voorkom. Dit raak tot 100 mm hoog met knuppelvormige stingels en knoppies.Die blomme is klein, geel met rooi kolletjies.
Kaapse kanferfoelie / Kaapse kamperfoelie
Tecomaria capensis’n Spreiende klouterstruik met helder oranjerooi blomme wat in die herfs en winter verskyn.Dit groei maklik in enige grond, in vol son of halfskadu.(foto: David J. Stang)
Kankerbossie
Sutherlandia frutescensDie kankerbossie kom natuurlik voor in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Namibië. Dit is ’n struik wat tot 1,5 m hoog word met silwergroen blare en hangende ertjieblomme in ryk skakerings van rooi. Die blomme verskyn laatwinter tot in die somer.Hulle groei in normale tuingrond in vol son. Dit groei maklik van saad en al …
Wildefloks
Sutera grandifloraWildefloks is ’n houtagtige struik wat natuurlik in Mpumalanga en Swaziland voorkom. Dit word tot 1,25 m hoog, met grysgroen, aromatiese blare en trosse laventelkleurige blomme wat in die herfs en somer verskyn.Gee heelwat water wanneer hulle begin blomme dra. Hulle groei maklik van saad.
Kraanvoëlblom / Paradysvoëlblom
Strelitzia reginaeDie kraanvoëlblom is ’n meerjarige struik wat tot 1,5 meter hoog word en inheems is aan die Oos-Kaap. Hulle groei in vol son of halfskadu en hou van vrugbare grond en baie water.Die oranjeblou blomme is goed bestand teen wind en verskyn vanaf die herfs tot die lente.
Wildepiesang / Wit strelitzia
Strelitzia nicolaiHierdie strelitzia is boomagtig en word tot 6 meter hoog. Hulle is inheems aan die kusstreke van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.Die blomme is skakerings van pers, blou en roomwit en verskyn in die lente.
Boesmantee / Boesmankruie
Stachys rugosa var. linearis ’n Kruidagtige struik wat in die Oos-Kaap voorkom. Die plant is wit-wollerig met pienk of lilakleurige blomme wat in die somer verskyn.
Sterretjies
Spiloxene capensisHierdie knolplant met helder, stervormige blomme kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Die wit blomme verskyn in die lente.(foto: Andrew Massyn)
