Kategorie Argiewe:Plante
Kaapse stokroos
Sparmannia africana’n Groot, immergroen struik / boom wat tot 7 meter hoog groei. Dit hou van goeie grond en baie water. Dit groei in son of halfskadu. Jy kan dit voortplant deur steggies.Die blomme verskyn vanaf die winder tot lente. Dit is wit met kleurryke meeldrade.(foto: Kurt Stüber)
Fluweeltjie
Sparaxis aartilobaKlein, meerjarige knolplante inheems aan die Suidwes-Kaap. Dit hou van goed dreineerbare grond. Hulle moenie onnodig gesteur word nie en kan vanself voortplant.Die blomme word gedra aan die punte van slap, dun stingels. Dit is pienk-oranje met ’n donker vlek aan die basis.
Bergbruidjie / Trots-van-Franschhoek
Serruria floridaDie bergbruidjie kom natuurlik voor in die berge van die Suidwes-Kaap. Dit is ’n immergroen struik wat tot 1,6 meter hoog word.Die sysagte, donsagtige blomme is ligpienk tot donkerpienk en verskyn in die winter en lente.
Kanarieklimop
Senecio tamoidesDie kanarieklimop is ’n welige immergroen plant wat natuurlik voorkom in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.Die plant se geel blomhofies verskyn in die herfs. In die winter sterf die plant terug.Dit het ’n stut nodig. In die natuur groei dit teen bome op. Dit kan egter gesnoei word om ’n struik te vorm.
Blouberglelie
Scilla natalensis’n Bolplant met ’n kort breë blaar wat in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Vrystaat en Mpumalanga voorkom.Die blouberglelie word se bloeistele word tot 1 meter hoog en klein blou blommetjies verskyn in die lente.Die plant hou van ryk en dreineerbare grond.Foto: Stan Sheb
Huilboerboon
Schotia brachypetalaIn die boom se natuurlike omgewing in KwaZulu-Natal en die noordelike dele van Suid-Afrika word dit tot 15 meter hoog. Die huilboerboon is goed bestand teen ryp.Die naam kom van die nektar wat uit die karmosynrooi blomme drup. Die blomme verskyn in die lente.(foto: Philip Nel)
Boerboon
Schotia afra var. afraDie boerboon kan as strik of boom gebruik word in die tuin. Dit word tot 5 meter hoog. Die digte rooi of pienkrooi blomme verskyn in die lente.(foto: Andrew Gillespie)
Plant kropslaai met min spasie
Rivierlelie
Schizostylis coccineaDie rivierlelie is ’n meerjarige plant met stervormige, karmosynrooi blomme. Die blomme verskyn in die somer. Die plante groei naby water en jy sal hulle vind in verskeie berge in Suid-Afrika.Hulle wil deels in die skadu wees en vereis goeie grond.
