Rhynchelytrum repensBergrooigras word tot 1 meter hoog met blomare wat 150 mm lank is. Die blomare is pers, maar dit verkleur geleidelik na pienk en uiteindelik silwer.
Kategorie Argiewe:Plante
Witkaree
Rhus viminalisDie witkaree is ’n boom wat vinnig groei. Dit word tot 5 meter hoog.Die boom kom natuurlik voor in die Noord-Kaap.
Gewone wilderosyntjie
Rhus pyroides’n Digte struik wat tot 5 meter hoog raak. Dit groei dikwels langs waterstrome in die meeste dele van Suid-Afrika.
Bosdruif
(Rhoicissus tomentosa) Die bosdruif is ’n klimplant wat tot 3 meter en hoër rank. Die plant kom natuurlik voor in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal.Die druifagtige vruggies verskyn in die herfs en winter. In die winter verkleur die blare rooibruin.Die jong plante verkies komposryke grond en baie water.
Karoogoud / Geelgranaat / Berggranaat
Rhigozum obovatum’n Struik met klein blougroen blaartjies. Dit word tot 3 meter hoog. Die goudgeel blomme verskyn in die lente en vroeë somer.Die plant is redelik bestand teen droogte en ryp.
Moederkappie
Pterygodium catholicumHierdie is ’n inheemse orgidee wat in die Suidwes-Kaap voorkom.Die moederkappie is ’n knolplant. Die groengeel blomme verskyn in Augustus.
Kool – vinnig en gou in potte
Protea
Hierdie blomme kom wydverspreid vooroor Suid-Afrika. Sommige groei redelik maklik in tuine en is vrylik beskikbaar.Moet asseblief nie proteas uit hul natuurlike habitat verwyder nie. Sekere proteas is skaar en word streng beskerm.(foto: Pierre André)
Spekboom
Portulacaria afraDie spekboom groei wild in die droë dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.Dit raak ’n groot immergroen struik wat tot 4 meter hoog kan groei. Dit het klein, ronde, vlesige blare wat op rooi stingels gedra word. Klein pienk blommetjies verskyn in digte skerms in die somer. Voortplanting is deur steggies.(foto: Juan …
Bloukappie
Polygala myrtifoliaDie bloukappie is ’n vinnig groeiende, immergroen struik. Hulle is taai en groei in meeste grondsoorte. Hulle moet egter gereeld water kry. Die plant raak tot 3 meter hoog. Die blomme is rooipers en verskyn gereeld.
