Pelargonium cucullatumDie meeste pelargoniums is inheems aan Suid-Afrika. Die wildemalva kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Ons is geneig om hulle te verwar met malvas, vandaar die naam.Pelargoniums groei maklik in omtrent enige grond, maar verkies effens sanderige grond en vol son. Hulle plant ook maklik voort deur steggies.Die wildemalva word tot 1 meter hoog, …
Kategorie Argiewe:Plante
Bosbruidsbos
Pavetta lanceolata’n Bosbruidsbos is taai, maar moet verkieslik aanvanklik in goeie grond geplant word. Dit hou ook van baie water in die somer. Hulle natuurlike omgewing is die tropiese en subtropiese dele van die Oostelike Provinsie, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.Die struik word tot 7 meter hoog. Die wit blomme verskyn in die somer, gevolg deur swart …
Bergbietou
Osteospermum jucundum’n Uitstekende meerjarige dekplant. Die word tot 200 mm hoog en aard in skadu of son.Die blomme is skakerings van pienk tot pers. Die blomme verskyn in die herfs tot laat lente. Die plante groei maklik van steggies en saai hulself.(foto: Dick Culbert)
Rankmargriet
Osteospermum fruticosum’n Meerjarige dekplant wat tot 300 mm hoog raak. Die blomme is wit met ’n pers middel. Die plant versprei maklik en word ook maklike voortgeplant deur verdeling. (foto: Sara Nabih)
Kweek komkommers in houers
Sondagsriviermadeliefie
Osteospermum ecklonisDie Sondagsriviermadeliefie is ’n immergroen meerjarige struik wat tot 600 mm hoog word. Vanaf die vroeë lente tot in die somer verskyn daar groot, blinkwit madeliefieblomme. Hulle saai hulle self en groei in vol son of halfskadu.
Vleiroos
Orothamnus zeyheriDie vleiroos is die enigste lid van die genus. Dit is ’n klein struik met blomme wat in die lente verskyn. Die blomme is skarlakenrooi met wit hare.
Tjienkerientjee
Ornithogalum thyrsoidesDie tjienkerientjee raak 250 tot 600 mm hoog. Die bolle hou van goeie, dreineerbare grond en baie water. Hulle kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap.Die blomme is roomwit en geel. Hulle verskyn laat in die lente.(foto: Kurt Stüber)
Reuse-tjienkerientjee
Ornithogalum saundersiaeDie reuse—tjienkerientjee raak tot 2 meter hoog. Die bolle hou van goeie, dreineerbare grond en baie water.Die blomme is roomwit met swart vrugbeginsels. Hulle verskyn in die somer.
Turksvy
Opuntia ficus-indicaBaie van die meer as 300 soorte turksvye is pesplante. Hulle is droogtebestand en groei baie maklik.Die doringlose variëteit Opuntia ficus-indica is ’n treffende struik wat tot 6 meter hoog raak. Die blomme is geel. Die blomme word vervang met heerlike, eetbare vrugte. Die vrugte is groengeel of donkerrooi as hulle ryp is.(foto: Zeynel …
