Nerine filifoliaHierdie genus kom slegs in Suid-Afrika en Zimbabwe voor. Die grasblaarnerina het grasagtige blare en pienk blomme wat in die herfs verskyn.
Kategorie Argiewe:Plante
Wilde leeubekkie
Nemesia strumosa’n Eenjarige plant met ’n bloeiwyse van omtrent 100 mm lank. Die blomme kan ’n verskeidenheid van kleure wees en is dikwels tweekleurig. Hulle blom in die lente.Die wilde leeubekkie verkies volle son, maar sal ook in die halfskadu groei. Saai die saad in die herfs in sanderige grond en sorg dat dit gereeld …
Tamaties in ‘n pot
Kappieblommetjie
Nemesia ligulata’n Eenjarige struik inheems aan Namakwaland wat 120 tot 300 mm hoog raak. Die blomme is geel en wit met oranje merkies. Die blomme verskyn in die lente.
Rooistompie
Mimetes cucullatusDie bedreigde rooistompie kom voor in die Suidwes-Kaap en Suid-Kaap.Die struik word tot 1,5 meter hoog, met helderrooi, geel en wit bloeiwyses wat hoofsaaklik van die middel van die winter tot in die vroeë somer voorkom.
Vaalstompie
Mimetes argenteusDie vaalstompie is ’n bedreigde struik wat in die berge in die Suidwes-Kaap voorkom.Die struik word tot 1,5 meter hoog en dra pastelkleurige bloeiwyses in skakerings van pienk, ligpers en silwer in die herfs.(foto: Nick Helme)
Bokhoring
Microloma sagittatum’n Meerjarige klimplant wat inheems is in die Suidwes-Kaap.Die pienk blommetjies is sowat 7 mm lank en verskyn in die somer.(foto: Jon Richfield)
Blombos
Metalasia muricataHierdie inheemse immergroen struik kom wydverspreid voor in Suid-Afrika. Terwyl dit ’n struik is kan die blombos tog boomagtig groei. Dit word tot 4 meter hoog.Die blare is dofgroen en naaldvormig, maar soms wollerig en grys.Die heuninggeurige blomme kan dwarsdeur die jaar voorkom, afhangende van die omgewing. Hulle is meesal wit of wit met …
Kruidjie-roer-my-nie
Die blomme van die kruidjie-roer-my-nie is roesrooi en verskyn aan groot are. Na die blomme verskyn die “opgeblaasde” vrugte. Die blare het ’n onaangename reuk as dit gevryf word, vandaar die plant se naam. Dit is welige taai plante.Melianthus major is ’n groot struik van tot 3 meter hoog word. Die plant kom wyd oor …
Agdaegeneesbossie
Lobostemon fruticosusDie agdaegeneesbossie is ’n immergroen struik inheems aan die Suidwes-Kaap. Dit word tot 1 meter hoog en in die lente verskyn die pienk blomme.
