Leucadendron argenteum’n Immergroen boom wat tot 5 meter hoog raak. Die silwergrys blare is oortrek met fyn, silwerkleurige hare. Dit verleen die boom se silwerkleur.Hulle natuurlike habitat is die berge van die Suidwes-Kaap. In ’n tuin benodig hulle goeie dreinering en voortdurende lugbeweging.
Kategorie Argiewe:Plante
Wilde-dagga / Duiwelstabak
Leonurus leonurus’n Algemene struik in Suid-Afrikaanse tuine wat tot 2 meter lank word. Die lang blomare verskyn in die somer. Die blomme sit in kranse op die nodusse. Die plant se skerp aroma is afkomstig van die blare.(foto geneem by die Kirstenbosch Botaniese Tuine deur Harvey Barrison)
Kweek blomkool en broccoli sonder plae
Klipdagga
Leonotis leonitisKlipdagga is inheems in Suid-Afrika Dit word algemeen in tuine verbou en word meer as gereeld verwar met wilde-dagga. Die twee lyk baie dieselfde, maar klipdagga se blare is donkerder en die oranje blomme kleiner.
Wilde-besembos / Fluitjies
Lebeckia cytisoides’n Yl vertakte immergroen struik wat inheems is aan die droër dele van die Suidwes-Kaap en Namakwaland.Die heldergeel ertjieblomme word tot 20 mm lank en word in digte, regop trosse gedra. Hulle blom hoofsaaklik in die lente, maar die blomme kan dwarsdeur die jaar hul verskyning maak.Die plante vereis goeie dreinering.
Rooivygie
Lampranthus roseus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die rooivygie versprei meer sowat 1 meter en word tot 300 mm hoog.Die rooi, pienk of wit blomme verskyn in die lente.(foto: Forest & Kim Starr)
Rooi lamprantus
Lampranthus coccineus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die rooi lamprantus versprei meer sowat 1 meter en word tot 300 mm hoog.Die helder persrooi blomme verskyn in die lente.
Oranjevygie
Lampranthus aureus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die oranjevygie versprei meer as ’n meter en word tot 450 mm hoog.Die oranje blomme verskyn in die lente.foto: Derek Keats
Sandkalossie / Rooiviooltjie
Lachenalia rubidaSandkalossie is inheemse plantjies wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plantjie word 150 mm hoog en dra rooi blommetjies met groen en pers punte. Die blommetjies verskyn in die herfs.
