Vleisalie

Iboza ripariaDie vleisalie groei maklik van steggies en word tot 2 meter of hoër. Die blomme is ligpers of wit en verskyn in die winter en lente. Die blomme word in groot pluime aan kaal takke gedra. Snoei die struik deeglik na blomtyd.Dit is ’n aanpasbare plant wat in omtrent enige omstandighede groei.

Sterblom

Hypoxis rooperiDie sterblom is ’n laag groeiende knolplant. Hulle is taai plante wat in maklik dreineerbare grond groei. Hulle kan droogte en ryp verdra solank hulle in die son staan.Die plant raak tot 300 mm hoog en dra stervormige geel blommetjies.Die sterblom kom natuurlik voor in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng.

Seeroogblommetjie

Hypoestes aristataDie seeroogblommetjie is ’n immergroen, half-bladwisselende struik wat halfskadu verkies bo vol son. Dit word tot 1,5 meter hoog en dra ligpers gestreepte blommetjies.Die seeroogblommetjie groei maklik en verg min aandag. Nadat dit geblom het in die winter moet jy dit egter knip, of wanneer dit houtagtig raak.

Kerriebos

Hypericum revolutum / Hypericum lanceolatumDie kerriebos groei maklik en is redelik rypbestand. Dit maak ’n groot bos en word tot 3 meter hoog. Na ’n reënbui versprei die blare ’n kerriegeur. Die aanskoulike blomme is goudkleurig en verskyn in die lente.Die kerriebos kom natuurlik voor in Suidelike Afrika.(foto: Alastair Rae)

Bottelpalm

Hyophorbe lagenicaulis / Mascarena lagenicaulisDaar is vyf soorte in die genus palms wat in Madagaskar en omliggende eilande voorkom. Die bottelpalm kom net in Mauritius voor.Hulle is net geskik om buite te staan in warm areas. Die stamme is geswolle aan die basis en loop spits na bo waar die groot, stewige, geboë blare gedra …

Bitterghaap

Hoodia bainiiDie bitterghaap is ’n meerjarige, blaarlose, bosagtige sukkulent met lang dorings. Die blomme is tot 75 mm in deursnee en is grysgroen en pienk getint. Die blomme verskyn in Oktober.Die plant kom voor in die droë dele van Namakwaland en die karoo.(Grafika: Harriet Anne Thiselton-Dyer)

Rooiafrikaner

Homoglossum prioriiDie rooiafrikaner is deel van ’n genus met ongeveer 10 knolplantsoorte wat inheems groei in die suidelike en suidwestelike sele van die Wes-Kaap. Die plante is verwant aan die gladiolus. Die rooiafrikaner raak tot 400 mm hoog en blom in die herfs.(foto: Peter Baker, 2006)