Vlamlelie

Gloriosa superbaHierdie genus het net een soort inheems aan Suid-Afrika, die vlamlelie. Dit kom natuurlik voor in die Limpopo en Mpumalanga.In die natuur groei dit soos ’n klouterplant. Dit word tot 2 meter hoog. Hulle verkies halfskadu en beskerming teen wind.Dit blom in die somer en die blomme is rooi, oranje of geel. Soms is …

Papegaaigladiolus

Gladiolus natalensisDie meerjarige papegaaigladiolus se bloeistele raak tot 1 meter hoog. Die tweekleurige skarlaken en geel blomme verskyn in die herfs. Die plant kom voor in die noordelike dele van Suid-Afrika. (Het iemand dalk ‘n foto van die papegaaigladiolus?)

Babertonse madeliefie

Gerbera jamesoniiMpumalanga is die natuurlike tuiste van die bekende Babertonse madeliefie. Spesifiek die dorp Baberton.Die plantjie is ’n kruidagtige meerjarige wat skarlakenrooi blomme dra. Die blomme word aan lang stele van 450 mm gedra en die blom self is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn in die lente. Die blom is natuurlik die sportembleem …

Bergtee / Geranium

Geranium incanumDie blomme in hierdie genus is almal rond, plat, met vyf ewe groot kroonblare. Geraniums vereis goeie dreinering. As dit baie warm word in jou area moet jy hulle liefs in die skadu plant.Bergtee word sowat 300 mm hoog. Die blomme is pienk of pers en word in die lente en somer gedra.