Kelkiewyn

Geissorhiza rochensisDie kelkiewyn is ’n laag groeiende knolplant. Dit word net sowat 150 mm hoog. Die plant se blare is gerib en die koppievormige blomme word aan draadvormige stingels gedra. Die plant se naam is afkomstig van die blommetjie se unieke kleurskakering. Wanneer die plant blom verkies dit baie water. Die res van die tyd …

Natal-katjiepiering

Gardenia cornutaDie Natal-katjiepiering is ’n boom wat tot 5 meter hoog kan word. Dit het blink liggroen blare wat in groepies aan die punte van takkies gedra word.Die wit blomme verskyn in die lente en vergeel later. Dit dra ’n ovaal/ovale vrug wat geel raak wanneer dit ryp is. (foto: Jesús Cabrera)

Berglelie / Kaapse hiasint

Galtonia candicansDie berglelie is ’n klein inheemse bolplant wat verwant is aan die hiasinte. Dit groei wild in die Drakensberge, Vrystaat en die Noord-Kaapse berge.Die plant verkies goeie grond in vol son met ’n droë winter.Die Kaapse hiasint se stewige bloeiwyse word tot 1,2 meter lank. Die wit hangende blomme verskyn in die somer. (foto: …

Mauritiusvlas

Furcraea foetidaDie Mauritiusvlas is stamloos. Die swaardvormige blare word tot 2,5 meter lank en is in rosette gerangskik. Die blom se bloeiwyse word tot 7 meter hoog.Die Mauritiusvlas kom natuurlik voor in Mauritius en op St. Helena.(foto: H Zell)