Gifmelkbos / Jakkalskos

Euphorbia mauritanicaDie gifmelkbos is ’n doringlose lid van die Euphorbia familie wat tot 2 meter hoog kan groei. Dié veel vertakte struik se swetterjoel geel blommetjies verskyn in die lente.Die naam is nie sonder rede gifmelkbos nie. Die sap van die plant is giftig. (foto: Winfried Bruenken, geneem naby Nieuwoudtville)

Koeihoring

Euphorbia grandicornisAnders as sy naboom familie is die koeihoring ’n struik. Dis ’n vertakte doringagtige struik wat tot 2 meter hoog kan word.Die klein geel blommetjies verskyn in die somer.(foto: Jardin Majorelle de Marrakech)

Identifiseer die Bome van Suider-Afrika

’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie. Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele:Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende …

Molkrieke

Molkrieke (Gryllotalpa africana) kom reg oor Suid-Afrika voor, is bruin van kleur, baie harig, het massiewe voorpote wat vir tonnel ontwerp is net soos gewone tuinmolle.Molkrieke is altyd ‘n probleem op baie nat grasperke en hul werksaamhede word gewoonlik in die oggend opgemerk waar grondhopies in die grasperk opgemerk kan word. Die omvang van die …

Wildepynappel

Eucomis autumnalisDie wildepynappel is ’n inheemse bolplant wat wyd oor Suid-Afrika voorkom.Die plante dra regop groen, wit of geel blomare in die somer. Die blomme is dig gepak met ’n kuif loofblare bo-op. Dit lyk amper soos ’n pynappel; vandaar die naam.