Lobelia validaDie eenjarige kruidagtige struik vereis baie water. Die plantjie aard goed in halfskadu of volson.Dit is ’n klein struikie wat net tot 300 mm hoog raak. Hulle blom in die somer.Die plantjie kom natuurlik voor in die Suid-Kaap.(foto: Andrew Massyn, 2011)
Kategorie Argiewe:Plante
Plant jou eie soetrissies in houers
Geelklokkie
Littonia modestaDie geelklokkie kom voor in die somerreënvalgebiede van Suid-Afrika. Dit is ’n rankplant met slap stingels wat die blare gebruik om te klim. Dit rank tot 2 meter hoog.Die blomme is goudgeel tot oranje, ongeveer 30 mm lank en verskyn in die somer.Die plant groei geredelik maklik in enige toestande, van halfskadu tot vol …
Spanspekke in ‘n sak
Toontjie / Beeskloutjie
Lithops leslieiHierdie is ’n groot genus klein sukkulente wat gewoonlik soos klippe lyk. Hulle kom hoofsaaklik voor in Namakwaland, Namibië en ander droë streke. Hulle aard slegs in tuine in droë streke, anders moet jy hulle in houers op stoepe of in sonnige vensterbanke hou. Hulle hou van grond wat ten minste 50% uit growwe …
Geelkoppie
Liparia splendens subs. splendensDie geelkoppie is ’n immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap groei. Hulle dra groot, ronde blomhofies met goudgeel tot diep appelkooskleurige ertjieblomme. Die blomhofies is omsluit deur ’n groot, goudgeel skutblaar. As gevolg van die gewig van die blomkoppe buig die takpunte na onder en lyk soms vir sommige mense soos dahlias.Geelkoppies …
Strandroos / Papierblom
Limonium peregrinumDie strandroos kom vooraan die kus van die Suidwes-Kaap. In Langebaan en ook in die Suidwes-Kaap, kom ’n lid van dieselfde genus voor, Limonium capense. Dit is nie so aanskoulik soos die strandroos nie en, soos ek verstaan, word dit ook papierblom genoem. Laat weet gerus indien jy weet van ’n ander naam wat …
Vuurwielspeldekussing
Leucospermum tottumDie vuurwielspeldekussing is ’n struik wat tot 1 m hoog raak en wyd sprei. Hulle natuurlike habitat is in die Suidwes-Kaap. Die pienk en rooi blomhofies is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn in die somer. (foto: Andrew Massyn, 2006)
Perdekop / Luisies
Leucospermum reflexumHierdie groot struik word tot 3 m hoog en kan tot 3 m wyd sprei. Hulle natuurlike habitat is in die Suidwes-Kaap.Die rooi blomhofies is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn vanaf die winter tot die middel van die somer.
Speldekussing
Leucospermum cordifoliumDie struike groei netjies simmetries rond en word tot 1,5 meter hoog.Die blomme is gewilde uitvoer-blomme. Hulle word tot 100 mm in deursnee in verskillende kleure. In die natuurlike habitat in die Suidwes-Kaap kan die plant blom vir etlike maande in die winter, lente en somer.
