Podocarpus henkeliiIn die natuur word die Natalgeelhout tot 20 meter hoog. In die tuin is hulle egter klein.Die bome kom voor in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die noorde van Suid-Afrika.
Kategorie Argiewe:Plante
Kalander / Outeniekwageelhout
Podocarpus falcatusIn die natuur groei hierdie immergroen bome in diep, ryk grond. Dit word 20 meter of hoër in die tuin. ’n Geelhoutboom (outeniekwageelhout) in Hoekwil, Suid-Afrika, wat sowat 800 jaar oud is, met ’n omtrek van 12 m en ’n hoogte van 33 m.
Keur / Ertjiebos
Podalyria calyptrateDie ertjiebos is ’n groot struik wat tot 2 meter hoog raak. Indien jy dit sny om ’n boom te vorm kan dit tot 4 meter hoog groei.Die blare is grysgroen en die blomme pienk tot ligpers. Die blomme verskyn in die laatwinter en lente.
Stoepjakaranda
Plectranthus saccatusDie stoepjakaranda is ’n klein struikie wat ’n uitstekende dekplant is. Dit het klein liggroen blare met pers blomme wat in die somer verskyn.Die stoepjakaranda kom voor in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Veerkoppie
Phylica plumoseDie veerkoppie is ’n immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plant blom in die winter met groot, veeragtige, groengeel blomhofies.
Kaapse foksia
Phygelius capensisDie Kaapse foksia kom voor in die somerreëngebiede van Suid-Afrika. Hulle groei gewoonlik naby standhoudende water in die skadu. Dié meerjarige plant word tot 1 meter hoog. Die rooi blomme verskyn in die somer.
Wildedadelpalm
Phoenix reclinataDie wildedadelpalm is inheems aan Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die bome is wind- en droogtebestand en kan baie hoog raak.
Rooisewejaartjie
Phaenocoma proliferaDie rooisewejaartjie is die enigste plant in hierdie genus. Dit is inheems aan die Suidwes-Kaap.Dit is ’n immergroen struik wat tot 1 meter hoog raak. Die donkerpienk of wit blomme word aan die punte van die takke gedra.Die plant hou van vol son en grond wat maklik dreineer. Dit moet in die winter water …
Stinkkruid / Knoppies-stinkkruid
Pentzia grandiflora’n Los vertakte eenjarige wat tot 400 mm hoog word. Die fyn blare is baie aromaties. Die bolvormige geel blommetjies verskyn in die lente.Stinkkruid kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap en Namakwaland.
Kolsuring
Pelargonium peltatum’n Rankende immergroen plant wat natuurlike voorkom in die Suid- en Oos-Kaap.Die blomme is pienk, ligpers of wit, met pers strepe. Die blomme verskyn in die lente en somer.(foto: Andrew Massyn)
