Swamme is klein, parasitiese plante wat die gasheerplant aantas. Dit is veral ’n probleem waar min lig en hoë humiditeit voorkom.Sommige swamme is beperk tot een soort plant, terwyl ander weer voor die voet teer op enige plante.Swamme versprei deur spore wat deur wind, water en diere gedra word. Tuiniers kan die verspreiding van swamme …
Kategorie Argiewe:Siektes en plae
Boorwurm / Boorder
‘n Boorwurm, of boorder, is die larwe van enige van ‘n verskeidenheid insekte, wat oneindig baie skade kan aanrig in jou tuin.Tamatieblare kan van hulp wees in jou tuin. Dit verdryf plantluise en sommige wurms en motte.Kap genoeg blare fyn om 2 koppies te vul. Week die fyn gekapte blare oornag in water. Gooi die …
Blomkewers
Hang geel plastiekstroke in bome in jou tuin met blikke onder dit waarin jy ‘n mengsel van water en diesel gooi. Jy sal ‘n hele paar blomkewers verdrink wat jou blomme so verwoes.
Dopluis
Dit is ovaalvormige, harde doppies aan die onderkant van blare of op stingels. By ‘n klein plantjie kan jy dit met ‘n tandeborsel verwyder, maar ‘n groot plant of boom moet met swaelsuursproei behandel word.Die winter is die beste tyd om vrugtebome met Kalkswael te spuit, wanneer die bome rustend is. Dien 3 keer toe; …
Insekte
Insekte is klein ongewerwelde diertjies waarvan die liggaam bestaan uit ‘n kop. ‘n kopborsstuk en ‘n agterlyf.Om insekte dood te maak:4 koppies parafien40 koppies water4 pnd. groenseepKook die water in ‘n ysterpot, roer die seep in en dan die parafien. Roer dit goed. Spuit lemoenbome en roosplante daarmee, dit sal die insekte doodmaak. (Petro van …
Meeldou
Meeldou is swamme wat op blare en en halmskedes van sekere plante ontwikkel en so die groei daarvan striem.Gebruik kamilletee om jou plante mee te bespuit as ‘n teenfoeter vir swamsiektes en meeldou. (Petro van der Westhuizen)
Miere
Miere is kleinerige insekte toegerus met ‘n bytorgaan, wat meestal in groot kolonies leef. Hierdie insekte kan ‘n groot oorlas wees vir die tuinier.
Katte in jou tuin
Jy kan die volgende doen om katte uit jou tuin te hou.- Hou die grond klam.- Sit ogiesdraad op die oop kolle grond.- Druk kaneelstokkies of suurlemoenskil in die grond. Hulle hou nie van die reuk nie.
Krieke
Krieke is insekte met lang voelers wat onder blare, stompe of klippe in die tuin hou. Die mannetjie maak saans geluide wat sommige mense steurend vind.Maak ‘n sterk oplossing van wasgoedseep en water en gooi dit in die krieke se gate in die grasperk.
Meeldou
Meeldou kom gewoonlik voor waar plante te min son kry. Indien jou plant baie erg aangetas is moet die aangetaste dele afgesny en vernietig word.Gebruik die volgende tuisgemaakte middel vir meeldou:Maak drie ongeskilde knoffelhuisies fyn in ‘n voedselverwerker. Meng dit met 90 ml aptekersparaffien. Bedek en laat dit vir ‘n dag lank staan.Meng 15 ml …
