Let wel: Hierdie raad is vir wanneer jy die nes opspoor. Maak ‘n oplossing van helfte Jeyes Fluid en helfte water en gooi of spuit dit oor die nes. Dit werk ook vir rooispinmyt en roes.’n Lagie babapoeier of kaneel sal miere weghou.Plaas botteldekseltjies met brandspiritus oral in die swart miere se pad. Dit neem …
Kategorie Argiewe:Siektes en plae
Molle
Gee molle tandpyn deur bolle in ogiesdraadmandjies te pak en dan te plant.* Gooi Phostoxin in molgate – dis baie giftig – kry besonderhede by jou naaste ko-operasie.* ‘n Minder giftige opsie vir die beheer van molle is knoffelekstrak en kasterolie wat in die gate geplaas word en weer toegemaak word.* Die goedkoopste raad teen …
Onkruid
Verskillende maniere om van onkruid ontslae te raak:Indien jy sukkel met grondpatogene wat saailinge laat verwelk kan jy ‘n ontsmettingsmiddel soos Jeyes Fluid met water verdun en op die grond gooi. Laat die grond braak lê vir een seisoen.Indien jy ’n groot area met onkruid het, bedek dit met ’n seil en wag tot al …
Plantluise
Plantluise hou nie van kappertjies nie. Laat week twee handevol kappertjieblare in 500ml kookwater vir 15 minute. Gebruik 10 druppels van die aftreksel saam met 1 liter water om jou eie spuitstof teen plantluise te maak. Jy kan ook kappertjies by ander plante kweek om plantluise weg te hou.Spuit plantluise met ‘n mengsel van 2 …
Roes
Maak ‘n oplossing van helfte Jeyes Fluid en helfte water en gooi of spuit dit oor die aangetaste dele waar roes voorkom.Meng water en tabakstof tot dit soos flou tee lyk. Was die plante hiermee. Gooi ook die water op die wortels.
Rooispinmyt
Maak ‘n oplossing van helfte Jeyes Fluid en helfte water en gooi of spuit dit oor die aangetaste dele waar rooispinmyt voorkom.Tamatieblare kan van hulp wees in jou tuin. Dit verdryf myte en sommige wurms en motte.Kap genoeg blare fyn om 2 koppies te vul. Week die fyn gekapte blare oornag in water. Gooi die …
Rooskewers
Verwyder gras, blare en verrottende vrugte onder vrugtebome, sodat vrugtevlieë en rooskewers nie daar kan skuil nie.
Rooipeperspuitmiddel vir ruspes
Petro van der WesthuizenKap een groot ui en een heel knoffelknol, albei met skil. Prut dit 20 minute lank met een eetlepel rooipeper in 1½ liter water. Laat afkoel en suig deur en gooi in bottels en verseël. Dit moet vir ses weke staan voor gebruik. Meng een eetlepel van die mengsel met drie koppies …
Ruspes
Maak drie ongeskilde knoffelhuisies fyn in ‘n voedselverwerker. Meng dit met 90 ml aptekersparaffien. Bedek en laat dit vir ‘n dag lank staan.Meng 15 ml gerasperde kombuisseep met 500 ml warm water.Meng nou al die bestandele saam en laat staan tot dit afgekoel is. Syg in ‘n glasfles en bewaar in die yskas.30 ml van …
Slakke
* Sit ‘n tou wat in Jeyes Fluid gedoop is om jou plante. (Alan)* Ek het ‘n spuitbottel met sterk aangemaakte sout-water. Wanneer ek ‘n klomp slakke sien wat weer skade aanrig, spuit ek hulle direk met die sout-water. Dit maak hulle onmiddelik dood. Natuurlik moet mens ook slakke in die tuin hê, maar wanneer …
