Die Big Top Arena by Carnival City gaan op 11 April 2026 behoorlik skud wanneer die grootse musiekviering Oos Wes Tuis Bes weer hul opwagting maak. Met die tema “Jou Dorp · Jou Taal · Jou Trots · Jou Tuiste” beloof hierdie jaar se produksie om nie net ’n musiekaand te wees nie, maar ’n viering van alles wat Afrikaans en Suid-Afrika uniek maak.

