Met 46 aanbiedings – van stadiongrootte tot klein en intiem, kry jy alles van buitelugkonserte tot kabaret, uitgelate optredes met jazz, rock, rumba, hip-hop en pop.
Die vier groot Van der Stel-buitelugkonserte (sien onder) bied ’n bekostigbare kaartjie vir elke kontemporêre musieksmaak. Bring jou vriende en feesgees en kom kuier onder die sterre saam met die sterre.
Twee treffers van verlede jaar se Musiekindaba kom na die Oude Libertas-amfiteater: Rock & rumba (met Arno Carstens, Sima Mashazi en ’n vuurwarm orkes) en Hip-hop, bop & pop (met Jack Parow, Early B, Kurt Darren, Loki Rothman en The Blake Hellaby Quartet). Ook in die Oude Libertas is ’n spesiale konsert vir jazz-liefhebbers – Effervescence: Xamisa, Ikapa, Kaapstad (met Leslie Kleinsmith, Babalwa Mentjies, Alvin Dyers, Jason “Hakiesdraad” Hartman en die US Jazz Band o.l.v. Felicia Lesch).
Valiant Swart en Neil Sandilands kom stel hulle nuwe albums in die intieme atmosfeer van die Daisy Jones Bar bekend, waar ook Anton Goosen 77 nie uit nie vier. Ander konserte by die Daisy Jones sluit in: Augusta Zietsman, Die Kaappunters (met Riku & Jackie Lätti, Churchil Naudé e.a.), Kaapse djez, goema en beyond (met wonderlike jazz-musikante, o.l.v. Ramon Alexander). Dis ook hier waar die Worldplay-sessies (met Xabiso Vili, Toast Coetzer, Jerome Rex, Jaco van der Merwe e.a.) plaasvind – ’n lekker mal speletjiesprogram waarin uiteenlopende digters en musikante voor ’n gehoor saamspan en improviseer.
En dan is daar nog kabaret en luisterliedjies met, onder andere, Amanda Strydom, André Schwartz, Elsabé Zietsman, Koos van der Merwe, Luna Paige, Marcia Moon, Nic de Jager, Niël Rademan, Petronel Baard, Tarryn Lamb en ook die innoverende Lipkap se tongklap: ’n Rymkletskabaret met Frazer Barry, Jason Hartman, Kerishnie Pheiffer, Deniel Barry en Earl Witbooi. Frieda van den Heever bied weer Skoonveld aan, wat in 2022 die Woordtrofee vir Beste kontemporêre musiekproduksie in die solo-kategorie gewen het.