Die ontsette leier van Joego-Slawië, Slobodan Milosevic, het meer as R700 miljoen in die buiteland gehad.
Robbie los
Radio 702 se omroeper, John Robbie, is vrygespreek deur die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika van die twee klagtes wat teen hom gebring is na sy onderhoud met Suid-Afrika se minister van gesondheid, Dr. Manto Tshabalala-Msimang.
Jeugdiges aan die brand gesteek
Twee jeugdiges het tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen in ´n sel in Mosselbaai, nadat hulle in hul slaap deur ´n medegevangene aan die brand gesteek is.
Suid-Afrika is siek
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekend gemaak dat Suid-Afrika een van die swakste gesondheidsdienste in die wêreld het.
Skoonlief en die ondier
Freda Adams wil nou vir Pieter Marais, albei van die Demokratiese Alliansie, hof toe sleep oor hy dan nou vir haar sou sê dat "as ek so lelik soos jy was sou ek hardloop en gaan wegkruip".
Kuns en kultuur kaskenades
Professor Musa Xulu, adjunk-direkteurgeneraal van Kuns en Kultuur in Suid-Afrika, is aangekla vir wangedrag betrekkende tot die toestaan van kontrakte ter waarde van R2 miljoen.
Skok vir draaddiewe
Diewe, wat koperkragdrade wou steel, in die Worcester omgewing, het met hul lewens geboet.
Kinders spandeer miljoene op dwelms
In Kaapstad alleen spandeer skoolkinders R22-miljoen op tabak, drank en dwelms.
Dr T and the Women
Richard Gere speel die naamrol van dr Sullivan Travis, bekend as Dr T, ´n ginekoloog in ´n buiteklub by Dallas.
Dop
In die stem van Jan Spies:
