Volgens Britse wetenskaplikes sal mans eersdaags hul eie kinders kan voortbring met behulp van nuwe genetiese tegnieke.
Oom Bob se sirkus
Jy mag niks sleg van Robert Mugabe sê nie. Nuwe wetgewing in Zimbabwe verbied uitsaaiers om kritiek te lewer op die president.
204 polisielede vermoor
Volgens Suid-Afrika se Minister van Veiligheid en Sekuriteit, Steve Tshwete, is 204 lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in 1999 vermoor.
Ontsnaptes op vrye voet
Minister Steve Tshwete het ook verlede week bekend gemaak dat slegs 1411 van die 3686 verhoorafwagtendes wat verlede jaar ontsnap het weer opgespoor is.
Namibië op oorlogspad
Die Nasionale Vereniging vir Menseregte in Namibië beweer dat daar meer as 3 000 Namibiese soldate in Angola is ter ondersteuning van die Angolese regering teen UNITA.
Parlement se toiletsake
Die Suid-Afrikaanse parlement het ´n tekort aan toiletpapier.
Spandabelrige Bob
President Robert Mugabe van Zimbabwe het R3 615 000 van sy land se broodnodige kontant spandeer op sy besoek aan New York vroeër die maand.
Olimpiese aflos met ´n verskil
Naellope, Aflos en die Marathon! Dit is wat die advertensies by bordele in Australië uitbasuin.
VIGS en die SA Weermag
17% van die meer as 70000 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het VIGS. So sê die Minister van Verdediging Mosioua Lekota.
Militêre diensplig
Die Minister van Verdediging Mosioua Lekota en die Hoof van die Weermag Generaal Siphiwe Nyanda het verlede week bevestig dat ´n vorm van militêre diensplig oorweeg word.
