In Graz, Oostenryk, is daar tans ´n retrospektiewe uitstalling van Rudi Gernreich, die ou wat in 1964 die eerste monokini ontwerp het, en sodoende gehelp het om die bostuklose mode te inisieer. Soos almal weet, het dit nooit in SA posgevat nie. Die ooglopende verklaring (post-94) is natuurlik dat Suid-Afrikaanse vrouens gewoon te preuts is …
Tradisie nou wettig
Tradisionele troues ontvang nou die nodige respek wat dit toekom. Sedert verlede week is tradisionele troues uiteindelik wettig in Suid-Afrika. Die nuwe wetgewing omskryf ´n tradisionele troue as onderhandel, gevier en voltrek binne die sisteem van ´n inheemse Afrikakultuur. Dit sal ook help om die status te verhoog van vrouens en kinders binne hierdie kulture. …
Binneland verongeluk
Vyf personeellede van die departement van binnelandse sake in Suid-Afrika is dood en 33 beseer in ´n totaal van 196 ongelukke met amptelike motors sedert 1998.
Dit mors in Mpumalanga
Die hoof uitvoerende amptenaar van die Hoëveld Distriksraad in Mpumalanga, Charles Makola, het multi-miljoen rand tenders toegestaan aan familie en vriende. Diegene wat die korrupsie op die lappe wou bring is deur Makola gedreig. Boonop was hy oneerlik in sy pogings om sy posisie te bekom. Dit blyk dat die bedrog grootliks polities gemotiveer is. …
Me, Myself & Irene
Uit Peter en Bobby Farrelly se fabriek kom Me, Myself, & Irene.
What lies beneath
Wat lê onder? Wel nie veel nie!
Plakkaat petalje
Die hoof van die ANC se kommunikasie-afdeling Cameron Dugmore sê sy party was nie verantwoordelik vir ´n reeks plakkate in die Wes-Kaap wat lees "A vote for the DA is a vote for Israel" nie.
Oneerlike onnies
Volgens die departement van onderwys in Suid-Afrika is meer as 70 onderwysers reeds skuldig bevind aan oortredings soos moord, verkragting en diefstal.
Ruiters
´n Sekere Suid-Afrikaanse minister het glo berigte van Ruiters (lees Reuters) afgemaak as snert, want, in die woorde van die minister, "wat verwag jy anders van ´n Afrikaanse mediagroep".
Te diep
Anna Davel is 'n nuwe solostem op die Afrikaanse musiektoneel wie se debuut-CD Te diep by 2000 se Klein Karoo Nasionale Kunstefees bekendgestel is.
