Dis weer daai tyd van die jaar: die sesde Want ons kan / ‘Cause we can-konsert vind plaas op Sondag, 27 Julie 2008 om 18:30 in die Bellville Burgersentrum.
Volgens die organiseerders, Margit Meyer-Rödenbeck, Pedro Kruger, Hennie van Greunen en Marita Meyer, gaan dié jaar se konsert ‘n gatskop-ervaring wees. Die lys van kunstenaars wat reeds bevestig is, sluit in: Chris Chameleon, Die Broers, Sibongile Mngoma, Nico Nel, Charlene Truter, Pedro Kruger, Jak de Priester, Marc Lottering, Rocco de Villiers, Valiant Swart en Ollie Viljoen, Sarah Theron, Peter Mitchell (Pietman), Lize Beekman, Suzanne, Wicus van der Merwe, Nina Swart en Jolette Odendaal. En hulle gaan almal optree onder die waaksame oog van die suigstokkiekoninging: Dowwe Dolla.
Soos altyd tree al hierdie ongelooflike kunstenaars verniet op word alle tegniese versorging, verhooginkleding en organisering ook verniet gedoen. Die begunstigde verenigings verkoop self die kaartjies vir die konsert en alle gelde wat gegenereer word, gaan direk na dië instansies. Ons is trots om die die 2008
Want ons kan / ‘Cause we can
begunstigdes bekend te maak.
Die Tygerbears wat ongelooflike werk doen met families en kinders in krisis.
· Die Alta du Toit nasorgsentrum, wat behuising en terapie verskaf aan volwassenes wat geestelik en fisies gestremd is.
· Die Ruyterwacht Senior Sentrum, wat kos en behuising verskaf aan senior burgers sonder ‘n heenkome.
· Die No Limits Program vir Straatkinders, wat skuiling en opleiding aan straatkinders verskaf.
KAARTJIES TEEN R150-00 IS BESKIKBAAR BY DIE BOER RESTAURANT TEATER/ 021 979 1911
By die konsert self sal daar ook ‘n gelukkige trekking plaasvind, waar ‘n lid van die gehoor een van vyf R 1000 Tygervallei Inkopiesentrum geskenkbewyse kan wen.
Die Want ons kan / ‘Cause we can-konserte het al ‘n lojale groep ondersteuners opgebou en verkoop gewoonlik binne ‘n kwessie van weke uit, so maak seker dat jy jou kaartjies to gou moontlik kry.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)