Chinese kool / Sjantoeng kool

Brassica pekinensis Chinese kool hou van ryk grond wat voghoudend is. ’n Toediening van 60 g 2:3:2 m² is die minimum bemesting vir hierdie groentesoort. ’n Toediening van stikstof, 6 weke nadat die saad gesaai is, sal voordelig wees vir die plante. Wanneer die plante groter is, is dit wenslik om die blare vas te …

Spruitkool / Brusselse spruitjies

Brassica oleracea var. gemmifera Brusselse spruitjies verkies koel, vogtige groeitoestande en goed voorbereide groend. Werk soveel moontlik mis en kompos in die grond in. Dan moet die grond ook ’n 90 g toediening van 2:3:2 kry per m². Wanneer die plantjies ’n maand oud is, moet dit weer 2:3:2 kry. Dit is ook belangrik dat …

Bronkors

Nasturtium officinaleBegin jou bronkors (watercress) met ’n gewortelde stingel van ’n gesonde plant of koop vir jou een by die kwekery. Jy kan ook ’n paar takkies in water laat staan tot daar wortels vorm.Maak vir jou ’n poeletjie en plant jou bronkors in ’n houer in die poel. Tap ten minste een maal per …

Rankbone

Phaseolus vulgarisBaie tuiniers verkies rankbone vir hulle sterk geur.Werk soveel kompos as moontlik by jou grond in. Werk dit lekker diep in saam met 60 g 2:3:2 per meter.Rankbone moet gestut word. Die beste is om die stutte aan te bring voor jy saai. Indien jy slegs stokke gebruik om dit op te lei moet …

Boerbone

Vicia fabaBoerbone is maklik om te kweek en baie voedsaam. Dit is veral geskik om nou in Suid-Afrika te plant aangesien dit ’n winterplant is wat hou van koel en vogtige grond.Boerbone het baie voeding nodig. Berei die grond voor met kompos of mis en gee ’n toediening van 120 g 2:3:2 per vierkante meter.Saai …