Cucumis sativusKomkommers kan sommer dig opmekaar geplant word in rye wat ver uitmekaar is, ten minste 1 meter. Die grond moet voorberei word met kompos en 90 g 2:3:2 per vierkante meter.Die saad word direk gesaai. Daar kan vanaf Augustus tot Desember gesaai word in meeste klimaatstreke van Suid-Afrika. Indien dit baie koud raak by …
Kategorie Argiewe:Groente
Groentetuin
Of jy jouself ag as ‘n groenteboer of nie, die aanplant van eetbare gewasse verskaf oneindige plesier. Die meeste eetbare plante groei maklik. ‘n Mens het nie baie ruimte nodig om ‘n groentetuin te maak nie en vars, gesonde groente kan selfs in houers geplant word.LIGGINGJy moet deeglik oorweeg waar jy jou groentetuin gaan maak. …
Knoffel
Daar is twee tipes knoffel wat oor die algemeen in Suid-Afrika gekweek word, ‘n witte en ‘n effens pienke. Laasgenoemde is van ‘n beter gehalte en het ‘n langer raklewe.Knoffel moet vanaf April tot Mei geplant word. Laat 5 tot 10 cm spasie tussen die plantjies en 40 tot 60 cm tussen die rye. Die …
Tuinkalender vir Maart
BlommePlante wat in die winter begin blom en nou gesaai kan word is Calendulas, Yslandse papawers, nemesia, violas, gesiggies, vilette, Sweet William en Aquilegia.Behandel jou grasperk teen ruspes.Breek gereeld die dooie knoppe uit van jou rose om nuwe blomknoppe te stimuleer.Kyk uit vir swartvlek en poeieragtige meeldou op jou rose se blare. As jy tekens …
Eiers vir jou tuin
Fyngemaakte eierdoppe is ‘n uitstekende bron van kalsium vir die tuin. Werk dit by die grond in. Dit bevorder selgroei en wortelvorming.
Tuinbeplanning
Indien jy iemand soek om jou tuin te beplan kan jy aanklop by die Instituut vir Landskap-argitekte van Suid-Afrika. Professionele landskapargitekte kan by hulle aansluit nadat hulle ‘n etiese kode onderteken het. Besoek http://www.ilasa.co.za/ vir meer inligting.Jy kan ook die Suid-Afrikaanse Landskapering-instituut kontak by val@sali.co.zaBaie van hul lede is landskapkontrakteurs.
Son op jou groente
Hoeveel son het jou groentetuin nodig?Groente verkies son deur die hele loop van die dag, maar indien jy in ‘n skaduryke omgewing woon hoef jy nie hande in die hare te sit as dit kom by groente kweek nie. Die volgende minimum son is nodig vir die volgende groente:Vrugdraende groente – het ag ure son …
Sampioene
Sampioene is nie groente in die ware sin van die woord nie, maar swamme. Hulle is nog plant, nog dier, maar ‘n lewensvorm op hul eie.
Knolkool / Raapkool / Kohlrabi
Brassica oleraceaDie plant, ook bekend as raapkool of kohlrabi, is baie maklik om te kweek. Dit aard in meeste grondsoorte en kan hoë temperature weerstaan.Werk sowat 90 g 2:3:2 per m² by die grond in voor jy die saad saai.Die eetbare deel van die knolkool is die vlesige stam. Oes die plant terwyl dit nog …
Tamaties
Lycopersicon esculentumTamaties dra sapryke rooi, geel of oranje vrugte.Tamatieplante kan in enige grond gekweek word. As jy plantjies koop maak seker die blare is donkergroen, die stam blougroen en die wortels vry van nematodes.Moet nie tamaties van bo natmaak nie. ‘n Vogtige mikroklimaat kan ontstaan wat swamsiektes bevorder. Lei dit eerder nat.As grondsiektes ‘n probleem …
