KKNK 2012 Kanna-nominasies

Die Kannas-toekennings gee erkenning aan produksies van uitstaande gehalte by die Absa KKNK. Net produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna.

Kanna vir Beste Teateraanbieding
Babbel
Rooiland
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Kanna vir Beste Akteur
Brendon Daniels in Babbel en Rooiland
Charlton George in Rooiland
Tobie Cronje in My vrou se man se vrou

Kanna vir Beste Aktrise
Amanda Strydom in Voor ek vergeet …
Kim CLoete in Dit voel leeg
Tinarie van Wyk Loots in Babbel

Kanna vir Beste Regie
Basil Appolis vir My broetjie, my bra
Jaco Bouwer vir Rooiland
Nicola Hanekom vir Babbel

Kanna vir Beste Musiekproduksie
My broetjie, my bra
My land my lied
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering
14 Stasies van die Kruis
Amore
Shanghai Brunch

Kanna
Kanna

Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding
FopspeenDiek Grobler en span
Ik ben een Afrikander – Teresa Lizamore (kurator)
Vrees en verlies – Katie Barnard du Toit

Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
Christiaan Olwagen vir die regie van Vagina Dentata – ‘n Kabarett
Marlo Minnaar vir sy spel in … Af
Winand Grundling vir sy uitvoering van 14 Stasies van die kruis

Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk
Babbel
Sandra Hanekom as kurator van Visuele Kunste
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Kanna vir Beste Debuutwerk
14 Stasies van die kruis
Babbel
Vagina Dentata – ‘n Kabarett

Die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Lewensbydrae word vanjaar toegeken aan Abraham H. de Vries en die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir ‘n jong stem aan Ronelda S. Kamfer. Louis van Niekerk ontvang die Spesiale Kanna vir vertolking. Eervolle vermelding is gemaak vir Emo Adams.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), David April, Charl Bezuidenhout, Willemien Brümmer, Chrisna du Preez, Eduard Greyling, Hylton Nel, Robert Pearce, Laetitia Pople, Pieter Redelinghuys, Martjie Roos, John Theodore, Wim Vorster, Hein Willemse en Celeste Williams.

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Vagina Dentata-fantasties-gewaagd,dapper,uiters begaafde CAST en puik regie – baie geluk met kopskuif werk

    1. Ek stem saam met Laurika du Bois. Die stuk was boonop so oopkop smaakvol aangebied (komende van n 62-jarige man!!) dat mens net kan se “Well done”. Julle was n staande applous werd.

Lewer kommentaar

Leave a Reply