HOOFSTUK II Soos wat hy haar belowe het, gaan haal hy haar om halfses en hulle loop stadig skool toe. Hulle stop eers by die sportgronde om alleen te wees, maar toe kon hulle nie, aangesien daar ‘n funksie by die sportgronde is. Petrie laai omtrent vir Christo met tikwerk, so toe kan hulle nie …
Kategorie Argiewe:Verhale
Wonderlike lewe of nie
Ek wil graag die volgende persone bedank vir hulle hulp en bydrae: Herman Franken wat gehelp het om my storie reg te kry en my ma, Hester de Beer, wat gehelp het om my storie klaar getik te kry. Dan: Suné Entres, Chantelle Breedt, Chantelle Stander, Chantelle Nell, Leonie Koen, Lezanne Botes, Die hele kombuispersoneel …
Almal se storie
Dis ´n normale Woensdag by die werk. Die meeste berigte vir die koerant se volgende uitgawe is klaar geskryf. Nou moet nog net verslag gedoen word oor die nuus van die volgende paar dae, voor die koerant Sondag verskyn. Charmaine en Stander is die enigstes op kantoor wat nie uit is vir middagete nie. Sy …
Die vuil game
Dit was voor televisie-skeidsregters en professionele lynregters en video kamera´s langs die skool se rugbyveld. Paul Sauer Hoërskool was eintlik ´n klein skooltjie met ongeveer drie tot vier honderd leerlinge van sub-A (graad een) tot matriek (graad twaalf). Dit tel natuurlik meisies en seuns saam. Nogtans was die toewyding en ywer vir sport so groot …
‘n Storieboek naam
As jou ma lief is vir romantiese storie boeke, die tipe wat jy so van die kafee se rak af koop, is dit baie moontlik dat jy ´n uiterheemse naam kan erf. So is daar heelwat Angelique van der Merwes in die wêreld, en Esmerelda Viljoene. Sasha se ma was een van daardie tannies. In …
Rooi is die liefde
Wilhelm het geweet sy lewe sal nooit weer dieselfde wees nie die dag toe hy vir Janita ontmoet het. Met haar donkerbruin, amper swart oë en haar aarbei rooi lippe kon hy nie help om weer in liefde met eerste oogopslag te glo nie. Haar oop en ekstrovertiese persoonliheid het hom dadelik opgeval. Hy het …
My ongeluk
Mnr, Ek rig hierdie skrywe na aanleiding van u versoek om verdere besonderhede soos uiteengesit in afdeling 3 van die ongeluksverslag. Ek het in hierdie afdeling my ongeluk toegeskryf aan swak beplanning. U vra nou vir ´n vollediger beskrywing en ek gee dit graag hiermee en hoop dat die besonderhede soos nou verstrek voldoende sal …
Liewe dagboek
Edrich se oë vlieg oop. Hy sit op ´n swart stoel in ´n swart kamer in die stil, swart donkerte. Wel, hy kan niks sien nie, so dis hoe hy dit vir himself teken in sy kop. Hy sit regop. Rondom hom is alles swart, behalwe vir die blou hamburger in die hoek, wat sy …
‘n e-mail vir iemand naby aan my
Môre mens… ek sit hier met sulke klein hopies papiere al om my maar nou ja ek werk nie daaraan nie… aan die een kant lê ´n lys van anatomie boeke wat ek moet bestel en aan die anderkant lê daar ´n hoop prentjies wat ek bymekaar geskraap het vir een of ander rede wat …
Mooi is die lewe
Weggesink in die groot Lazy Boy sit-lê Pieter (Boeppens) van der Merwe, stoere boere seun met die TV se remote in die een hand en ´n Lion Lager in die ander. Hy is besig met channel-hopping : 1-2-3-e, e-3-2-1, 1-2-3-e. Daar is nie geld vir M-Net nie. Hy snork verontwaardig. Alweer niks op nie. Nou …
