Koeël

Die man was nog nooit so bewus van alles rondom hom nie – die voetstappe van sakemanne wat haastig oor die lughawe se vloer loop, die gekerm van hongerige kinders, die koue sweetdruppel oor sy warm gesig en die belangrike, swaar sak oor sy skouer. Hy gee die sak ´ skud, asof hy bevestiging nodig het dat dit nog steeds daar is.

Wat is die slaap ‘n wonder soete ding

As ‘n woelige kind ten laaste omkap na ‘n woelige dag dan lyk die vreedsame ou gesiggie vir enige ouer soos die van ‘n engel wat ‘n mens net kan "opvreet", maar helaas as die dag breek in die ooste word almal wakker gemaak word deur dieselfde gesiggie, maar nou nie meer ‘n engelgesiggie nie …