Strooijonker is ’n desperate poging deur Lukas Basson om ’n strooijonkertoespraak by sy beste vriend, Jean Voster, se troue te maak.
Sleutelwoord Argiewe:KKNK
Pasaanoffokof
Dit is Pieter-Dirk Uys met sy satiriese swerm ikone en aikônas, van D.F. Malan tot J.G. Zuma.
O my goeie volk
O my goeie volk is ’n solo-sketskomedie wat tong in die kies die spot dryf met ’n reeks kleurvolle Afrikaanse karakters.
My man se skelmpie se skelmpie se vrou
Die skreeusnaakse West End-treffer speel in Bodley se elegante pels-salon af.
Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof trilogie
Twee reisende spelers, ’n verteller en handlanger, skets drie verhale: die biografie van ’n traan, ’n liefdesdriehoek tussen matador, mantel en bul en ’n legendariese nag van passie.
Die koninkryk van die diere
Dié pittige komedie takel die meedoënlose stryd van menslike oorlewing in die mees genadelose omgewing: die teater.
Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis
Dit is Holm se 14de solovertoning en hierdie keer praat sy vir ’n slag nie nét bog nie, nee-heeee, hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie, maak nie saak hóé ryk of mooi of maer jy is nie.
Stof Rooi
Dié solovertoning ondersoek die kwellende onbekende ruimte van voorvaders en die hedendaagse werklikhede van skool- en bende-ontgroening.
Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran speel af in ’n Joodse kwartier in Parys in die 1960’s, waar ’n gekwelde Joodse seun Moses (of Momo), ’n onwaarskynlike vriend in ’n eensame Moslem-winkeleienaar, Monsieur Ibrahim, vind.
Moedertaal
Wanneer die enfant terrible van Afrikaanse teater besluit om sy stempel af te druk op haar man se grootste toneelstuk, het hy Nellie Bonnema se ondersteuning nodig.
