2013 Kanna-nominasies

Met die grootste KKNK feesprogram in jare, het die Kannapaneel ’n reusetaak gehad om by die meer as 120 produksies, waarvan 52 gedebuteer het, in een week uit te kom. Die Baanbreek-venue is veral uitgesonder as broeikas van kopverskuiwende teater.


Al die produksies op die amptelike feesprogram kom in aanmerking vir ’n Kanna en vanjaar is daar benoemings in tien kategorieë. Die wenners word op Sondag 5 Mei aangekondig in die Mount Nelson-hotel in Kaapstad. Na deeglike besinning, is besluit op die volgende nominasies vir die “Klein Karoo Oscars”:

Kanna vir Beste Teateraanbieding
Balbesit
Kombuis Avonture in ’n Koekieblik
Oskar en die Pienk Tannie

Kanna vir Beste Akteur
Balbesit-ensemble
Stian BamTrippie
Wessel Pretorius – Ont

Kanna vir Beste Aktrise
Crystal Donna RobertsKytie – ’n Koos Kombuis storie
Nicola HanekomTrippie en Hol
Sandra PrinslooOskar en die Pienk Tannie, Die Leo’s en Liefde, Anna

Trippie
Trippie
Kanna vir Beste Regie
Jaco BouwerBalbesit en Trippie
Jayne BatzofinPruttel
Lara ByeOskar en die Pienk Tannie

Kanna vir Beste Musiekproduksie
Dorothy | 60 jaar
DreamsChris Chameleon
Karin Kortjé! Die hele storie …

Kanna vir Beste Klassieke Musiekuitvoering
Bravissimo! The South African Sopranos
Gershwin Songbook
Sonnige Spaanse sensasies

Kanna vir Beste Visuele Kunsaanbieding
Silence is goldenStephen Rosin
StreeksbiblioteekOlaf Bisschoff
Vergete VerledesCobus van Bosch
“…when you feeling like a lady.”Robert Hamblin

Slurpie Kanna vir Beste Opkomende Kunstenaar
Emmanuel BachSonnige Spaanse sensasies
Jayne Batzofin – regie, konsep en verhoogontwerp van Pruttel
Nieke LombardPruttel en Elnora en Nirvana

Herrie Kanna vir Kopverskuiwende Werk
Balbesit
Elnora en Nirvana
Trippie

Kanna vir Beste Debuutwerk
Balbesit
Pruttel
Trippie

Die Afrikaans Onbeperk-toekenning vir Vernuwende Denke word toegeken aan die dramaturg, Saartjie Botha. Balbesit, wat genomineer is vir vyf Kannas is deur Botha geskryf en vervaardig. Die skrywer, Dot Serfontein, ontvang hierdie jaar die Afrikaans Onbeperk vir Lewensbydrae. Die Woordkunsproduksie, My Mense, met Antoinette Kellermann en saamgestel deur Juanita Swanepoel, het vanjaar by die Absa KKNK gedebuteer en is ’n blik op Serfontein se lewe.

Die eerste Kuns Onbeperk-toekennings word vanjaar in drie kategorieë toegeken. Die Kuns Onbeperk vir Diens aan die Kunste gaan aan Temple Hauptfleich, akademikus en teaternavorser. Dorothy Masuka, die wêreldmusiekikoon, se bydrae van 60 jaar in die bedryf, word erken met die Kuns Onbeperk vir Lewensbydrae. Die besonderse huldeblykproduksie, Dorothy | 60 jaar, met Laurika Rauch, Karen Zoid, Zolani Mahola, die African Voices en Masuka self, is genomineer vir Kanna vir Beste Musiekproduksie. Zoid ontvang die eerste Kuns Onbeperk Kruispunt vir haar rol om oor musiekgrense heen kunstenaars en gehore bymekaar te bring.

Eervolle vermeldings:
Op versoek van die Kannapaneel is daar vanjaar twee eervolle vermeldings. #checkityt@route62 vir talentontwikkeling onder die jeug en Hemelbesem vir sy inspirerende optrede in Rymklets van Oos tot Wes.

Vanjaar se Kannapaneel is Erns Grundling (sameroeper), David April, Charl Bezuidenhout, Willemien Brümmer, Ronnie Burton, Gys de Villiers, Chrisna du Preez, Paul Eilers, Cornelia Faasen, Annie Klopper, Haidee Muller, Hylton Nel, Johann Nel, Laetitia Pople, Louis Pretorius, John Theodore, Frieda van den Heever, Hein Willemse en Celeste Williams.

Lewer kommentaar

Leave a Reply