Luister na die klanke van twee instrument gunstelinge: die harp en tjello.
Sleutelwoord Argiewe:Klein Karoo Klassique
Carmen – in die kleine
Hierdie konsertweergawe van een van die gewildste operas in die klassieke kanon is spesiaal vir hierdie geleentheid gereduseer tot ’n uurlange werk, sonder om enige
integriteit van die oorspronklike stuk in te boet.
Alleenstryd: Hendrik Hofmeyr Huldigingskonsert
Hierdie gedenkkonsert ter ere van Hendrik Hofmeyr se 60ste lewensjaar gee ‘n klein blik op die vokale komposisies van dié musikale reus in ons midde.
CH2 in Konsert
Die virtuose kitaarduo CH2 het reeds twee SAMA-toekennings en ’n reeks ander toekennings ingepalm.
#KleinKarooKlassique Helderberg Baroque Trio
Hierdie barokprogram bestaan uit asemrowende klanke uit die verlede. Barok-komposisies deur Georg Friedrich Händel, Arcangelo Corelli en Johann Sebastian Bach word uitgevoer deur internasionale en plaaslike kunstenaars. Berger is, met haar betowerende hartroerende klank, een van die mees gerekende barok-musikante in Suid-Afrika en Duitsland. Shaw is ’n stigterslid van die Juliet String Quartet, lid van …
#KleinKarooKlassique Wouter Kellerman
Grammy-bekroonde fluitspeler, Wouter Kellerman, het ook reeds ses SAMA-toekennings ontvang en tree vir die eerste keer by Klein Karoo Klassique op.
#KleinKarooKlassique Nagmusiek
Nagmusiek is ’n samestelling van kort werke van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916-1983) vir stem en klavier wat dateer uit die tyd toe hy as kind vakansies by De Rust deurgebring het.
#KleinKarooKlassique Vier vir twee: Musiek vir klavier en klarinet
’n Reis deur van die mooiste werke vir klavier en klarinet.
#KleinKarooKlassique James Grace
James Grace, bekroonde kitaarspeler, bied ’n program wat werke van sy SAMA-benoemde albums, sowel as oorspronklike verwerkings van sy vertoning, Guitar Hero insluit.
#KleinKarooKlassique Piazzolla and beyond
Die SAMA-genomineerde Cape Town Tango Ensemble, tree reeds sedert 1996 op. Van Astor Piazzolla se bekendste werke is deel van hierdie uitvoering, insluitend Angel Suite, Four Seasons of Buenos Aires en Adios Nonino. Werke gekomponeer deur Richard Galeano, Aleksandar Simić, Charles Lazar en Stanislav Angelov word ook uitgevoer. Hulle het reeds by alle groot feeste …
