“‘n Musikale viering van ‘n hartroerende deel van ons kultuur en geskiedenis. ‘n Kykie in ‘n wêreld wat al vir sommige vergete is.”
Sleutelwoord Argiewe:Suidoosterfees
#suidoosterfees Die song wil my nie los nie
Die finaliste van ATKV-Liedjieslypskool 2015 se songs word nou nie net meer gehoor nie, maar hulle word ook gesien.
#suidoosterfees Bel Canto Kabaret
Die Franse sopraan Clara Bleton en die Suid-Afrikaanse pianis Jan Hugo bied ‘n program gevul met Italiaanse “Bel Canto”, klaviertranskripsies van opera-arias en Franse “chansons” aan.
#suidoosterfees David Kramer : Onder die spanspekgeel maan
David Kramer gaan sy rooi velskoene blinkvryf, die snare van sy blikkitaar instem en sy porkpie-hoed styf op sy kop vasdruk, want dis weer tyd om musiek te maak dat die biesies bewe.
#suidoosterfees Praat djy wat lippe het
Vier van die beste Kaapse komediante saam op die verhoog in eg-Kaapse styl!
#suidoosterfees Tramakassie!
Tramakassie! is ‘n eerste egte Cape Malay konsert met klanke van vergange liedere en verrassende nuwe musiek.
#suidoosterfees Die Afrikaansvatter
Die Afrikaansvatter sinspeel op Afrikaans as taal en die mense wat die taal besing in al sy vorme, binne verskillende kulture.
#suidoosterfees Viva D6 Queens
Die produksie speel af teen die agtergrond van al die huidige ontwikkeling in Soutrivier en Woodstock en is ‘n toonbeeld van hoe ver ons al gevorder het …
#suidoosterfees Kunstreffers: Konsert van Hoop
‘n Musiek- en dansskouspel soos nog nooit tevore.
#suidoosterfees Kristalvlakte
Uit die flenters van die dwelmoorlog smous Priscilla vir haar en haar gesin ’n lewe aanmekaar.
